Uitspraak oor appèl teen Walus-vrylating Donderdag verwag

Deel op

Die uitspraak in die Minister van Justisie se aansoek om appél teen parool vir Janusz Walus sal waarskynlik Donderdag in die Pretoriase Hooggeregshof gelewer word.

Walus dien lewenslange tronkstraf uit vir die moord op die voormalige SAKP-leier, Chris Hani, terwyl voormalige ANC-terroriste amnestie gekry het.

Die minister, Michael Masutha het aangevoer dat die skeiding van magte geskend is toe parool aan Walus toegestaan is.

Masutha het vroeër ‘n besluit van die mediese paroolraad ter syde gestel vir die vrylating van Walus.

Masutha hou vol dat daar verdere beraadslaging met die SAKP en die Hani-familie moet wees.

Regter Nicolene Janse Van Nieuwenhuizen het Dinsdag nadat sy die argumente aangehoor het, gesê sy het tot Donderdag nodig om haar uitspraak voor te berei.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.