Kerry vra nie om verskoning vir Hirosjima nie

Deel op

John Kerry het die week die eerste Amerikaanse minister van buitelandse sake geword om sy respek by die Hirosjima-gedenkteken vir die slagoffers van die 1945 Amerikaanse kernaanval te betoon.

Dit was egter ‘n balanseertoertjie van “respek” en “geen berou” nie.

Hy het die museum bestempel as iets wat “’n mens se maag laat draai” en “‘n herinnering om aan die noodsaaklikheid van ‘n wêreld vry van ­kernwapens” te werk.

Kerry se besoek is deur vredesaktiviste in Japan beskryf as ‘n vyeblaar vir Amerikaanse planne om hul kernwapenarsenaal op te knap.

Op ’n voorstel van Kerry het die ministers ook ’n impromptu besoek gebring aan die atoombom-koepel, die skelet­agtige oorblyfsels van ’n struktuur wat naby die hiposentrum van die bomontploffing was, en nou ’n Unesco wêrelderfenisplek is.

Maar in plaas van die voortsetting van die onderhandelinge met die Russe en ander kernmagte vir die wêreldwye afskaffing van kernwapens, beplan die VSA tans ‘n totale opknapping van sy kernwapenprogram, insluitend nuwe generasies van kernplofkoppe, bomwerpers, landgebaseerde missiele, en duikbote.

Die geprojekteerde van die opknapping oor die volgende 30 jaar word beraam op $1 triljoen.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.