Laaste 100 adjunkte moet Rousseff se lot bepaal

Deel op

Die Brasiliaanse president, Dilma Rousseff, se lot berus op die lojaliteit van die laaste 100 adjunkte in die kongres, wat nog moes stem of sy in ’n staat van beskuldiging geplaas sal word.

In ’n komplekse proses was ondersteuners en opponente van Brasilië se eerste vroulike president in ’n wedloop gewikkel om die getalle agter hulle te verenig om geskiedenis te maak wanneer die laerhuis van die kongres volgende week stem.

’n Komitee van die kongres het láát Maandag vir ’n nie-bindende maatreël gestem om haar in ’n staat van beskuldiging te plaas.

Wanneer aanstaande week gestem word, is ’n tweederde meerderheid nodig om Rousseff se saak na die senaat vir die staat van beskuldiging-verhoor te stuur.

Rousseff word daarvan be­skuldig dat sy die staat se boeke gekook het om die swak toestand van die regering se begroting te verdoesel tydens haar 2014-herverkiesing wat sy ­gewen het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.