ANC Gauteng enigste wat Zuma wil uit hê

Deel op

Die ANC in Gauteng onder aanvoering van Ronnie Kasrils, is klaarblyklik die enigste ANC-provinsiale streek wat pres. Zuma se bedanking eis.

In Limpopo, Kwa­Zulu-Natal, Mpumalanga en die Vrystaat het die party egter hul steun vir Zuma bevestig.

David Mabuza, premier van Mpumalanga, het volgens City Press se webwerf ook sy steun vir Zuma bevestig.

ANC-lede sal Zuma selfs help om die Nkandla-geld terug te betaal as hy nie self kan nie.

Geen ANC-tak in die Vrystaat sal ooit teen president Jacob Zuma gaan nie en vra hom om te bedank nie,” het die provinsiale woordvoerder, Thabo Meeko, Dinsdag gesê.

Hy het gesê die party is nie geraak deur opposisiepartye se oproep aan Zuma om te bedank nie.

“Opposisiepartye is gefrustreerd en bankrot en hul enigste program is om anti-ANC te wees. President Jacob Zuma is ontplooi deur die ANC en hy sal verwyder word deur die ANC en die mense van Suid-Afrika, nie opposisiepartye nie,” het hy gesê.

Hy het gesê Zuma sal die land lei tot die volgende verkiesing.

ANC-ondersteuners wat in Bloemfontein vergader het, het Zuma se lof besing en gesê hulle sal voortgaan om hom te ondersteun.

‘n Lid van die provinsiale uitvoerende komitee en die LUR vir onderwys, Tate Makgoe, het Zuma as ‘n leier met integriteit en nederigheid beskryf.

Hy het ook gesê ‘n aanval op Zuma is ‘n aanval op die party.

Daar was vroeër oproepe vir Zuma om te bedank, insluitend van ANC-lede soos Ronnie Kasrils, Zak Yacoob, Ahmed Kathrada, Cheryl Carolus en Trevor Manuel.

“Ons sal die moontlikheid van ‘n plaasvervanger vir President Jacob Zuma nie oorweeg nie. Dit is nie net swak dissipline nie, dit is ook skelm,” sê die ANC se provinsiale woordvoerder Mdumiseni Ntuli.

Ntuli het gesê die ANC in KZN weier om deel te wees van ‘n agenda wat bedoel is om verdeeldheid te saai.

“As ‘n provinsie, is ons verenig agter die ANC en sy leierskap, insluitend president Jacob Zuma,” het Ntuli gesê.

Saterdag het pro-Britse organisasies, kerke en aktiviste in Soweto byeengekom oor maniere om swartes op te steek sodat Zuma kan bedank.

Die ANC se nasionale leiers vergader tans in die Oos-Kaap, waar hulle met takke oor die hofuitspraak vergader.

Die druk op Zuma om te bedank het minder met die Grondwethofuitspraak oor Nkandla te make, as ‘n besluit om voort te gaan met die Russiese kernkragkontrak. Dit sal Suid-Afrika loswikkel uit Brittanje se greep.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.