Godsdiensleiers, Cosatu skaar hulle by Zuma

Deel op

Van die godsdiensleiers van verskillende gelowe het hulle by president Jacob Zuma geskaar.

Lede van die Nasionale Intergeloofsraad van Suid-Afrika wat onder meer Christene, Moslems, Hindoes, Rastafariërs en die Afrika Onafhanklike Kerke insluit, het die President se verskoning ná die uitspraak van die Konstitusionele Hof aanvaar.

Verlede week het van die godsdiensleiers onder die Nasionale Godsdiensleiersraad gesê die President het die morele gesag verloor om die land te lei en behoort te bedank.

Daniel Matebisi van die Intergeloofsraad sê die priesters het nie met alle priesters in die land oorleg gepleeg nie.

Die vakbond COSATU het intussen die ouditeure, KPMG en drie van die land se vier grootste banke van goedkoop politiekery beskuldig.

Dié kritiek kom nadat hulle onverwags bande met sake-ondernemings wat bande het met die Guptafamilie, verbreek en hulle bankrekenings gesluit het.

COSATU sê die besluit deur ABSA, FNB, NEDBANK, SASFIN en KPMG om op te hou om sake met die Guptas te doen, sal nie net die familie benadeel nie maar ook die seweduisend mense wat vir hulle werk.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.