Wêreldbank sê armoede in SA kan toeneem

Deel op

Vir die eerste keer sedert 1994 is armoede in Suid-Afrika aan die toeneem, het die Wêreldbank gesê.

Volgens die Wêreldbank het ekonomiese aktiwiteit in Sub-Sahara-Afrika in 2015 afgeneem, met BBP-groei van gemiddeld 3 persent, af van 4.5 persent in 2014.

“Die 2016 groeivooruitsigte bly gedemp by 3,3 persent, ver onder die sterk groei van 6.8 persent in die BBP wat die streek in die tydperk 2003-2008 getoon het,” luidens die Pulse-verslag.

Kommoditeitsprysrisiko in 2016 het Afrika se sak met ‘n geraamde 16 persent geraak, met kommoditeitsuitvoerders wat groot verliese ly, het die verslag uitgewys.

“Om groei en maatskaplike ontwikkeling te verseker, moet stede goedkoper vir maatskappye en meer aantreklik vir beleggers word,” sê Punam Chuhan-Pole, waarnemende hoofekonoom van die Wêreldbank-Afrika en die skrywer van die verslag.

Suid-Afrika se ekonomiese vooruitsigte lyk minder rooskleurig. Die Wêreldbank voorspel dat armoede tot 2017 verder sal toeneem van 36% tot 37,5%.

Die land se ekonomie sal vanjaar met net sowat 0.8% groei, teenoor 2015 se sukkelende 1,3%.

Die swak ekonomiese vooruitsigte word grootliks aan beleidsonsekerheid toegeskryf wat die wisselkoers, die aandeelbeurs en die koste van lenings negatief raak.

Die moontlikheid dat staatskuld na rommelstatus afgegradeer kan word, kan voorts bykomende fiskale druk skep.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.