Bernie gewild, maar Hillary loop voor

Deel op

Bernie Sanders het met sy jongste reeks oorwinnings oor Hillary Clinton gewys dat hy besonder gewild is by kiesers.

NUUT!

Die voorloper in die wedloop om afgevaardigdes is egter steeds Hillary.

Sanders en Clinton wedywer in die Amerikaanse presidensiële verkiesingswedloop om as die Demokrate se kandidaat aangewys te word.

Met sy oorwinning Saterdag in Wyoming het Sanders sewe van die laaste agt voorverkiesings gewen.

Die jongste oorwinning het hom egter nie veel in die sak gebring wat afgevaardigdes betref nie, omdat voorverkiesings in Wyoming op proporsionele verteenwoordiging ­geskied.

Aangesien Wyoming net 14 afgevaardigdes vir die Demokrate het, is dit die minste van enige van die state.

Sanders en Clinton het gevolglik elk sewe afgevaardigdes ingepalm.

Clinton is nog ver voor en het byna die helfte van die 2383 afgevaardigdes wat sy benodig om benoem te word.

Albei van hulle het die week stemme in New York gewerf waar daar 291 afgevaardigdes is. Die New Yorkse verkiesing word op 19 April gehou.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.