Dodetal na Hindoetempel afbrand styg

Deel op

Die dodetal in die reusebrand in ’n tempel in die suide van Indië het tot meer as 100 mense gestyg.

Die polisie soek tans na 10 mense wat verbind word met die brand.

Teen Sondag het die dodetal in ’n massiewe brand in ’n Hindu-tempel in die suide van Indië op 102 gestaan, met 280 mense wat beseer is, het die hoofminister van die Kerala-staat, Oommen Chandy, aan verslaggewers gesê.

Die brand het na ’n reuse-ontploffing tydens ’n vuurwerkvertoning ontstaan. Klaarblyklik het die tempel nie toestemmining gehad om die vuurwerke te gebruik nie.

’n Span spesialisdokters is uit Nieu Delhi na die ramptoneel gestuur om diegene by te staan wat ernstige brandwonde in die voorval by die Puttingal Devi-tempel opgedoen het.

Die vloot en lugmag het helikopers gestuur om die mees kritieke pasiënte na die hoofstad te vlieg.

Brandweermanne en die polisie het deur die nag gesukkel om die brand in die kusdord Paravur onder beheer te bring.

Teen dagbreek kon stukke beton en verbrande oorblyfsels op die toneel gesien word.

Die Indiese eerste minister, Narendra Modi, het aangedui dat hy na die dorp sou vlieg en het gesê families van die oorledenes sou elk 200 000 rupees ($3 500) ontvang. Diegene wat beseer is, sou elk 50 000 rupees ontvang.

Die brand het uitgebreek toe duisende mense by die tempelkomplek vergader het om na die vuurwerke te kyk wat die jaarlikse feestelikheid by die tempel afsluit.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.