Neocon Nuland se witbroodjie moet bedank

Deel op

Die eerste minister van die Oekraïne, Arseniy Yatsenyuk sê hy het besluit om te bedank oor wat hy bestempel het as ‘n kunsmatige politieke krisis in die land.

Yatsenyuk het in Februarie net-net ‘n mosie van wantroue in die land se parlement oorleef, nadat die president, Petro Poroshenko ‘n beroep op hom gedoen het om te bedank.

Sy party se gewildheid het ook skerp gedaal weens bewerings van korrupsie en ‘n gebrek aan optrede.

Yatsenyuk was die keuse van Victoria Nuland, die Amerikaanse adjunkminister van buitelandse sake om haar land se belange te verteenwoordige nadat sy in ‘n privaatgesprek wat gelek is, gesê het: “Fok die EU.”

Poroshenko en die nuwe eerste minister sal dus onder groot druk van die Oekraïne se bondgenote in Europa en Amerika wees om werklike hervorming in werking te stel.

“Die samewerkingsooreenkoms [met die EU] sal nie verander word nie,” het die Oekraïnse president Poroshenko Sondag gesê.

Hy het kommentaar gelewer oor die moontlike gevolge van die onlangse referendum in Nederland, waar die meerderheid van die kiesers teen die aanvaarding van die ooreenkoms is.

Die Oekraïense leier het bygevoeg dat hy in die volgende paar dae verwag dat die Europese Kommissie wetgewing sal “inisieer” om die Oekraïne as ‘n visum-vrye gebied te verklaar.

Die voorgestelde samewerkingsooreenkoms tussen die EU en Kiëf is onderteken in 2014, maar vir die verdrag om volle regskrag te hê moet dit deur al die 28 EU-lidlande bekragtig word.

Nederland moet dit nog doen, maar die Nederlandse referendum verlede week het getoon dat die meerderheid kiesers is teen die bekragtiging van die verdrag gekant is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.