Brussel-aanvallers wou Parys weer bom

Deel op

Die terroriste wat verlede maand Brussel geteiken het, het aanvanklik beplan om ‘n tweede aanval op Frankryk te doen, het België se Federale Vervolgingsgesag gesê.

Maar die groep was “verras deur die spoed van die vordering in die voortgesette ondersoek” en het besluit om ‘n aanval op die Belgiese hoofstad te loods, het die kantoor in ‘n verklaring gesê.

Twee selfmoordbommers het 16 mense op die lughawe Brussel op 22 Maart vermoor en in ‘n daaropvolgende ontploffing by Maalbeek-moltreinstasie dieselfde oggend, nog 16 mense opgeblaas.

Ondersoekbeamptes het bande ontdek tussen die sel agter die Brussel-aanvalle en die groep wat 130 mense in Parys vermoor het op 13 November verlede jaar.

Die verklaring Sondag het bevestig wat baie vermoed het: Die reeks klopjagte en arrestasies in die week in die aanloop tot die Brussel-aanvalle, het die moordenaars tot aksie oorgehaal.

Saterdag, het Belgiese owerhede vier mans aangekla weens hul deelname aan “terreurmoorde” en die “aktiwiteite van ‘n terroriste-groep” nalv die Brussel-aanvalle.

Een van hulle, Mohamed Abrini, is ook aangekla in verband met die aanvalle in Parys, het aanklaers gesê.

Abrini is geïdentifiseer as die sogenaamde “man in die hoed” wat langs die twee selfmoordbommer opgemerk is wat hulself opgeblaas het by die Zaventem-lughawe in Brussel.

Toesig-beeldmateriaal het hom ook in die konvooi saam met die aanvallers wat na Parys is, geplaas.

Abrini was ‘n jeugvriend van Brussel-broers Salah en Brahim Abdeslam, beide verdagtes in die Parysaanval.

Sy vingerafdrukke en DNA is nie net in ‘n Renault Clio gekry nie, maar ook in ‘n woonstel in die buurt Schaerbeek van Brussel wat gebruik is deur die lughawebommers.

Abrini het vroeër na Sirië gereis, waar sy jonger broer oorlede in 2014 as ‘n lid van die Islamitiese staat se Franssprekende brigade.

Die Belgiese anti-terreureenhede verkeer steeds op ‘n hoë gereedheidsgondslag aangesien hulle nog aanvalle verwag.

Die Franse minister van Binnelandse Sake, Bernard Cazeneuve het Sondag aan I-Tele TV gesê sy land het die afgelope tyd 13 sulke beplande aanvalle afgeweer en reeds 80 mense is aangekla sedert die begin van die jaar. Hy wou nie verder uitbrei nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.