Polisie in Masedonië keer massastormloop van migrante

Deel op

Meer as 300 immigrante is vir beserings behandel nadat die polisie traangas, skokgranate en rubberkoeëls ingespan het om oproerige indringers terug te dryf van ‘n grensdraad.

Die mediese hulporganisasie Dokters Sonder Grense (MSF) het bevestig dat meer as driehonderd migrante beseer is.

Jeugdige migrante het die polisie met klippe bestook en wetstoepassers het op ‘n skare migrante losgebrand wat probeer het om van Griekeland af deur die grens te breek.

Dosyne immigrante en vlugtelinge is Sondag deur die Masedoniese polisie teruggedryf het hulpwerkers gesê, in ‘n daad wat deur Griekeland as “gevaarlik en betreurenswaardig” veroordeel is.

Meer as 10,000 migrante en vlugtelinge is gestrand by die Griekse grens in die dorpie Idomeni sedert Februarie want regoor die Balkan het lande hul roetes na Wes-Europa intussen afgesper.

‘n Vroeëre poging deur ‘n groot groep migrante om deur die grensdraad te breek het tot die konfrontasie gelei, het ‘n amptenaar gesê.

Volgens Griekeland het die polisie aan die Masedoniese kant van die grens besluit om tot aksie oor te gaan. Die owerhede wou net bevestig dat hulle traangas moes gebruik.

‘n Woordvoerder van die MSF-organisasie, Jonas Hagenson sê mediese personeel het sowat tweehonderd mense vir traanrook-inaseming behandel.

Hy sê die meeste mense wat behandeling ontvang het was mans, maar daar is ook vroue en kinders van onder vyf jaar oud, wat behandeling moes kry.

Mense met kneusplekke beweer dat hulle deur die polisie aangerand is.

Volgens Hagenson is sewe pasiënte na ‘n plaaslike hospitaal geneem met oop wonde, moontlike beenbreuke en meer ernstige beserings.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.