Leon Lemmer: Heilsame politiek uit Swede

Deel op

Tot 1970 was Swede ‘n blanke land. Die Swede het nie werklik mense van ‘n ander etnisiteit geken nie. Die Lappe/Sami in die noorde was/is nie ‘n opvallende deel van die samelewing nie. Die Swede het nie grondige ervaring gehad van mense met ‘n ander etnisiteit as hulle eie nie. Hulle het sonder meer aangeneem dat diskriminasie teen swart mense dwaas moet wees, want velkleur kon tog nie rasseskeiding (bv segregasie, apartheid) regverdig nie. Die Swede het nie besef dat verskil in etnisiteit, wat soms in velkleur geopenbaar word, kon dui op groot andersheid nie, bv in ontwikkeling, leefwyse, kultuur, gewoontes en waardes. Die Sweedse regering en Sweedse kerkgenootskappe en humanitêre organisasies het met oorgawe morele en finansiële steun aan swartes se terreurveldtogte teen blankes in Suidelike Afrika verleen.

Skuldgevoelens het ook ‘n rol gespeel. Soos in die Eerste Wêreldoorlog het Swede in die Tweede Wêreldoorlog amptelik neutraal gebly, maar hom eintlik aan die kant van Duitsland geskaar. Die Duitse wapenbedryf is bv van yster voorsien en Duitse troepe is toegelaat om vryelik oor Sweedse grondgebied te beweeg. Die Duitsers het groot skade in buurlande aangerig. Swede het ook niks gedoen om Finland teen Russiese aggressie te beskerm nie. Die Sweedse infrastruktuur het onbeskadig uit die oorlog getree. Die nywerhede het groot voordeel uit die na-oorlogse heropbou van Duitsland en ander Europese lande getrek.

Daar is ‘n groot mate van kulturele verwantskap tussen die Swede en Duitsers, bv Lutherse protestantisme. Anders as in Duitsland is daar in Swede dekades na die Tweede Wêreldoorlog voortgegaan met eugenetiese navorsing en eksperimente in ‘n poging om die gehalte van die Sweedse bevolking te verbeter. Verpligte sterilisasie is eers in 1976 gestaak (Michael Booth, The almost nearly perfect people, London: Jonathan Cape, 2014, Amazon Kindle 5239; kyk Praag 25.04.2015). Namate die openbare mening dit tot skande gemaak het om met Nazi-Duitsland geassosieer te word, het die Sweedse regering doelbewus al hoe meer die teenoorgestelde beleid probeer volg. Dit het as spoorslag gedien vir oordrewe steun aan swart terreurbendes in Suidelike Afrika.

Teen 1970 het Swede begin om grootskaalse emigrasie uit die Derde Wêreld toe te laat. Aanvanklik het die ander Skandinawiese lande ook sulke immigrante verwelkom. ‘n Drastiese toename in misdaad en die ontstaan van groot krotbuurte het Noorweë en veral Denemarke mettertyd tot besinning laat kom. Die inwoners het al hoe meer besef dat die tradisionele aard van hulle samelewing, dus hulle kultuur, deur hierdie immigrante bedreig en die gehalte van hulle lewenswyse verlaag word. Swede het langer en op groter skaal met immigrant-instroming volhard en betaal deesdae dus ‘n groter ekonomiese en maatskaplike prys. Daniel Friberg (bron hier onder) noem die drie prominentste Sweedse krotbuurte: Rosengard (Malmö), Rinkeby (Stockholm) en Hammarkullen (Gothenburg) (Kindle 1395). Anders as Duitsland het sowel Denemarke as Swede verlede jaar geweier om nog immigrante in te neem. Die Duitse regering se houding kan myns insiens aan voortgesette skuldgevoelens oor die Tweede Wêreldoorlog toegeskryf word. Volgens Michael Booth het die ervaring wat die tradisionele inwoners van al hierdie lande met nie-wit immigrante gehad het tot die opkoms van konserwatiewe, nasionalistiese, regse politieke partye gelei; iets wat onmiddellik na die Tweede Wêreldoorlog taboe was. Oor die impak van immigrasie op Europa lees bv Arthur Kemp se boek, Nova Europa: European survival strategy in a darkening world (Ostara Publications, 2013, 90p; kyk Praag 4.04.2015).

Daniel Friberg
Daniel Friberg

Dit is teen hierdie agtergrond dat Daniel Friberg se boek, The real right returns: A handbook for the true opposition (London: Arktos, 2015, 138p; Amazon Kindle $5,69), interessante leesstof bied. Die outeur is die uitvoerende hoof van ‘n Sweedse mynmaatskappy. In die gees van die European New Right (ENR) is hy ook een van die stigters van Arktos Media, “the world leader among traditionalist and Rightist publishing houses” (Kindle 322), asook van die metapolitieke webwerf Motpol, gestig in 2006. Daar is ‘n Metapedia-artikel oor die Motpol-dinkskrum op die internet beskikbaar. Friberg noem Motpol ‘n “fully-fledged online cultural magazine” (312). Sy genoemde boek is in Sweeds gepubliseer en spoedig in Duits, Engels en Nederlands vertaal. Al vier weergawes is as Kindle-publikasies beskikbaar.

Friberg het Michael O’Meara se verdienstelike boek, New culture, new right: Anti-liberalism in post-modern Europe (London: Arktos, 2004, 292p; Amazon Kindle $11,39) in Sweeds vertaal. Daarin word bv die destruktiewe invloed van die marxistiese Frankfurt-skool op Europa belig: “A Europe that gave free reign to a permanent revolution against tradition, hierarchy, and the structures and values which allowed European civilisation to flourish in the first place” (Friberg 349). Wat ‘n hernude Europa dringend moet doen, is “regain control of her destiny” (354).

In die voorwoord skryf ‘n Motpol-redakteur, Joakim Andersen: “Swedes and Europeans exist … they have a history … justified claims and interests and … a culture which is their own” (145). Hierdie waarhede geld ook Afrikaners, maar dit is ontstellend dat die stand van Swede en ander Europeërs die afgelope dekades so drasties versleg het dat sulke vanselfsprekendhede opgehaal moet word. Dit herinner aan die Italiaanse filosoof Julius Evola (1898-1947) se uitdrukking: “men among the ruins” (344). Wat Friberg beoog, is “building something new out of the solid stones we have found amongst the ruins” (354). In die nuwe Suid-Afrika behoort Afrikaners dieselfde te doen.

Friberg skryf vanuit die tradisie van die ENR, wat met Alain de Benoist (gebore in 1943) en die Research Group for the Study of European Civilisation (GRECE), gestig in 1968, ‘n aanvang geneem het. Die eerste gesaghebbende studie wat hieroor gepubliseer is, is Tomislav Sunic se boek, Against democracy and equality: The European New Right (London: Arktos, 1990, 3rd edition 2011, 196p; Amazon Kindle $10,25; kyk Praag 23.02.2014). Soos by die ENR gaan dit vir Friberg nie by uitstek om partypolitiek nie maar om metapolitiek, wat sy oorsprong by Antonio Gramsci (1891-1937) gehad het.

By drie geleenthede definieer of verduidelik Friberg die term metapolitiek:

  • “Metapolitics can be defined as the process of disseminating and anchoring a particular set of cultural ideas, attitudes, and values in a society, which eventually leads to deeper political change” (209).
  • “Metapolitics, simply put, is about affecting and shaping people’s thoughts, worldviews, and the very concepts which they use to make sense of and define the world around them” (447).
  • “Metapolitics is about spreading ideas, attitudes, and values in a society, with the longterm goal of effecting a deeper political change. The term refers to a method of influencing public opinion which does not need to be bound up within a particular party or programme. Metapolitics is an important complement to ordinary political activity, but does not replace it” (1241).

“No one can topple a political apparatus without beforehand establishing control over the cultural determinants upon which the political authority fundamentally rests” (437). “A spiritual or cultural revolution was thus seen as a necessary prerequisite for political revolution. Conquering political power is only the last step in a long process, a process which begins with metapolitics” (442). Praag beoefen klaarblyklik metapolitiek.

Wat baie duidelik is, is dat Friberg se ENR-gesindheid en dié van al hoe meer van sy mede-Swede spruit uit die immigrantevloed, dus die verskynsel van multikulturaliteit, wat die land getref en (onherkenbaar) verander het. Hy beskou die Republikeine in die VSA en die Konserwatiewes in Brittanje nie as egte regses nie (253). Sy ideaal is “to (re)create a genuine Right” (258), “a right which looks toward her own interests” (285), of soos Michael Polignano dit stel: Taking our own side (Counter-Currents Publishing, 206p, 2011; Amazon Kindle $6,83).

Friberg vestig sy hoop op die opkoms van die Sweedse Demokratiese Party (290). “As many, including Oswald Spengler [1880-1936, Decline of the West, 1918], have pointed out, it is always a dedicated minority who change the course of history” (333). Saam met die ander ENR-partye kan die Sweedse Demokratiese Party ‘n Europese renaissance moontlik maak (463). Hierdie partye sou nooit lewensvatbaar geword het as hulle van die steun van die hoofstroom-inligtingsmedia afhanklik was nie. Die internet het hulle opbloei moontlik gemaak, want dit “better reflects the reality that many people actually experience than the established media does” (595).

“Our culture has gradually decayed, moving towards a materialist, hedonist consumer culture” (380). “The youth of today have lost every ounce of historical memory and identity, thus losing their faith in the future as well as any overarching perspective. Because of this, they live in the here-and-now, in a constant pursuit of immediate sensual gratification” (370). Let op hoe goed formuleer Friberg die volgende waarheid, wat ook op Suid-Afrika van toepassing is: “In times when the business of politics is usually conducted by the opportunistic and third-rate, the need for long-term and principled thought is more pronounced than ever before” (470).

In Suid-Afrika word ons opgevorder om nie Afrikaners te wees nie, maar Suid-Afrikaners, Afrikane en wêreldburgers. Daarteenoor skryf Friberg: “A politician who is motivated by some obscure notion that his or her primary loyalty should be to some abstract ‘humanity’ or ‘world’, rather than the actual people being governed, can never be tolerated as a ruler, or even as a legitimate democratic representative” (531). Wêreldtaal en -burgerskap is zombiïsmes wat mense soos Wim de Villiers blykbaar begeer. “Strict cosmopolitanism views all intermediaries which distinguish individuals or groups from a posited general humanity as unethical or false, and is thus hostile to nationality, ethnicity, and religious particularism. The goal of the cosmopolitan becomes, either explicitly or implicitly, the World State, and thus of the concept of World Citizenship, as against a national, regional, ethnic, or religious identity” (1014). In “universalism … humanity is represented as a homogeneous whole, one extended family [bv die ANC se (swart) “broers en susters”] in which terms such as ‘people’ and ‘identity’ lose their relevance” (1378). Die doel is “the unification of all peoples. It claims that this will bring peace and prosperity to all” (1384).

Ons moet deesdae alewig oproepe aanhoor van handevat, nasiebou en aanpas by die wense van die meerderheid. Daarteenoor stel Friberg: “An authentic identity is founded on language, culture, identity, ethnicity, and social reality [in ons geval die brutaliteit van die nuwe Suid-Afrika] – not on opinions, sexual orientation, or media-induced impulses and artificial needs” (481). Wat nodig is, is “ethnic self-assertion” (902). Friberg wil die mate van kulturele eenheid herstel wat die Europa van weleer gekenmerk het; dus ‘n soort “meta-ethnic identity” (952). Europa word gesien as “the continent … cut in half by the Soviet Union and the United States” (487; ook 880). “A unified, independent Europe is necessary” (492). Hy pleit: “Normalise European society and restore a traditional order” (751; ook 838). Hy is optimisties: “Western civilisation can still be saved … Political activism is both meaningful and necessary” (1432). Teenoor die Franse Rewolusie (1789) se vryheid, gelykheid en broederskap (868) stel hy orde, geregtigheid en nasionale samehorigheid (874).

‘n Groot deel van die boek word in beslag geneem deur ‘n metapolitiese woordeboek waarin tersaaklike terme verduidelik word. Byvoorbeeld: “Cultural nationalism is a word which is used to distinguish Swedish nationalists who advocate for assimilation or integration of immigrant groups, from nationalists who advocate for repatriation or segregation of non-assimilable immigrant groups” (1086). Sweedse politieke denke het die afgelope dekades klaarblyklik groot veranderings ondergaan, oftewel vordering in realisme gemaak.

Kulturele marxisme word verduidelik met verwysing na kritiese teorie en die Frankfurt-skool. Die neiging “to pathologise opinions and life patterns which are not in accordance with its own political ends is characteristic of Cultural Marxism” (1071). Hoeveel keer moes ons nie al van bevrydingsteoloë soos Desmond Tutu en Nico Koopman aanhoor dat blankes siek is en heling nodig het nie? Hulle gee uitdrukking aan marxistiese leerstellings; heel moontlik sonder dat hulle daarvan bewus is. “In societies with a primarily European population, the Cultural Marxist always sees die majority population as privileged and oppressive … regardless of whether any discernible oppression is actually taking place” (1076).

Onmiddellik hierna volg hierdie passasie, wat ‘n gees adem wat enkele dekades gelede seker in geen Sweedse teks aangetref sou word nie: “Conversely, this is not seen as pertaining to South Africa, where the European minority is subject to massive judicial and institutional discrimination, quite apart from being beaten and murdered at an alarming rate. White minorities are never seen as oppressed groups by Cultural Marxists” (1082).

“An ethnocracy is a society where most of the power in a state or territory is primarily held by a specific ethnic group” (1120). Dit is teleurstellend dat Friberg hier die tradisionele Sweedse mening verkondig deur “apartheid-era South Africa” as ‘n voorbeeld van ‘n etnokrasie te noem. Die nuwe Suid-Afrika is ‘n aktueler, uiterste en beter voorbeeld van ‘n etnokrasie omdat nie net “most of the power” nie maar oorweldigend eintlik alle politieke mag katastrofaal en grootliks onverdiend in die skoot van ‘n enkele etniese groep, die swartes, beland het.

Friberg skryf vanuit die Amerikaanse en Sweedse perspektief waar blankes tans nog die meerderheid is: “Any shortcomings on the part of ethnic minorities are habitually blamed on European peoples” (1131). ‘n Mensereg wat min prominensie geniet, is die reg om anders as die meerderheid te wees; dus “the right to difference” (1098), bv: “The right of all peoples, including the European peoples, to retain their own distinctive culture, as opposed to dissolving into a larger ‘melting pot'” (1339); ‘n verwysing na die populêr-liberalistiese Amerikaanse versugting van algehele vermenging/assimilasie. Die “mass immigration of other ethnicities” wat op Swede afgekom het, het ‘n enkele doel of gevolg: “to decimate or exterminate the target ethnicity [the whites] as a group” (1345).

Die ontwaking van realistiese politiek, soos die opkoms van die Sweedse Demokratiese Party, het egter te laat gekom om die ondergang van die blanke politieke bewind in Suid-Afrika te voorkom. Dít is ‘n groter tragedie as wat algemeen (maar tog darem toenemend) besef word. Die Sweedse voorbeeld bevestig egter wat Robert Conquest (1917-2015) gesê het: “Everyone is right-wing in the matters he knows about” (Roger Scruton, How to be a conservative, London: Bloomsbury, 2014, 208p; Amazon Kindle $9,11; 104).

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.