Etniese geweld in Limpopo sal OVK-regsitrasie ontwrig

Deel op

Twee voertuie insluitende ‘n polisievoertuig is Donderdagaand beskadig toe inwoners van Vuwani in Limpopo paaie probeer versper het.

Die polisie se Openbare Orde-eenheid, met gepantserde voertuie is in die gebied ontplooi en het daarin geslaag om die situasie te ontlont, het RSG berig.

Voorvalle van etniese geweld het die afgelope ruk in Vuwani en omliggende gebiede naby Thohoyandou voorgekom uit ontevredenheid met Vuwani se insluiting by Malamulele om ‘n nuwe munisipaliteit te vorm.

Die OVK beraadslaag intussen met die gemeenskap in aanloop tot die laaste kieserregistrasienaweek wat môre en oormôre plaasvind.

Die vorige registrasienaweek in die gebied is deur onrus gekenmerk.

Inwoners en die pro-Makhado taakspan het reeds gesê hulle gaan die komende naweek weer kiesersregistrasie ontwrig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.