Ted en Bernie wen in liberale Wisconsin

Deel op

Senator Ted Cruz het Donald Trump Woensdag in die liberale Wisconsin verslaan.

Met meer as 90% van die stemme getel, het Cruz meer as 49% van die kiesers se steun gekry en Trump 35%. Sen. John Kasich het sowat 14% van die stemme getrek.

Cruz se oorwinning het van Trump se afggevaardigdes afgerokkel. Hy het tans sowat 740, teenoor Cruz se sowat 514 en Kasich met 143.

Trump, die voorloper in dié party se benoe­mingstryd, sal waarskynlik nie ’n volstrekte meerderheid hê wanneer die Republikeinse Party-konvensie in Julie in Ohio plaasvind nie.

Minstens 1 237 afgevaardigdes se steun is nodig vir ’n kandidaat om as die party se presidentskandidaat vir die nasionale verkiesing in November aangewys te word.

Trump se teenstanders, ook in sy eie party, hoop hy word sodoende uitgestem as dit gebeur.

Bernie Sanders van die Demokratiese Party het sy teenstander, Hillary Clinton, maklik in Wisconsin geklop deur meer as 56% van die stemme op hom te verenig, teenoor Clinton se 43%.

Die twee is kop-aan-kop met Clinton wat 1 274 afgevaardigdes het en Sanders wat die steun van 1 025 afgevaardigdes geniet.

Minstens 2 383 afgevaardigdes se steun is nodig om as die Demokratiese Party se presidentskandidaat aangewys te word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.