Ysland se eerste minister, Sigmundur David Gunnlaugsson, het die eerste slagoffer van die miljoene gelekte Panamese dokumente oor buitelandse rekeninge en dopmaatskappye geword.
Hy het Dinsdag onder groot druk die tuig neergelê.
Woede het in Ysland geheers oor die onthulling dat hy ’n dopmaatskappy gebruik het om groot bedrae geld te verskans terwyl Ysland se ekonomie ’n krisis beleef het.
Politici in verskeie lande, onder wie Oekraïne se president, staar vrae in die gesig oor moontlike twyfelagtige aflandige skemas wat gebruik is om belasting te ontduik.
Pres. Petro Poroshenko het volgens die Panamese dokumente sy lekkergoed-onderneming geskuif en sy land sodoende van miljoene dollar aan belasting ontneem.
Die VSA se korporatiewe media het intussen nuus oor die lekkasies asook aantygings van twyfelagtige optrede van staatslui in hul eie land verswyg.