Vietnam se premier bedank na Kongres swaai

Deel op

Viëtnam se eerste minister, Nguyen Tan Dung, het Woensdag ná tien jaar in die amp, uitgetree.

Dung se houding teenoor China het hom waarskynlik sy pos gekos in dié eenpartystaat. Hy was besig om te pro-Amerikaans op te tree na die smaak van die Nasionale Kongres.

In ’n formele stemming het lede van die Nasionale Kongre met 430 teenoor 462 stemme gestem dat Nguyen Tan Dung uit sy amp onthef moet word, drie maande voor die verstryking van sy termyn.

Sy vertrek was ’n blote formaliteit nadat hy die leierskapstryd tydens die regerende kommunistiese party se kongres in ­Januarie verloor het en die knie voor Nguyen Phu Trong moes buig.

Die Nasionale Vergadering sal vandag sy adjunk, Nguyen Xuan Phuc, as eerste minister aanstel.

Teen die einde van Desember het Trong, 72, sy voorneme verklaar om aan te bly vir ‘n jaar of langer as die party se sekretaris-generaal, terwyl 65 die sperouderdom vir Politburolede is om nuwe poste te aanvaar.

Die aankondiging van nuwe Viëtnamese strategiese vennootskappe, soos met Indonesië, wat ook oor Chinese oorheersing kla, het die Kongres geswaai.

‘n Aankondiging van ‘n nuwe Viëtnamese strategiese vennootskap met ‘n ander anti-Chinese Asiatiese land soos Indonesië, moet gesien word as ‘n potensiële teken van stygende spanning tussen Beijing en Hanoi.

Enige militêre krisis met betrekking tot China en Vietnam kan egter Amerikaanse belange benadeel.

Die potensiële skade wat spruit uit ‘n China-Viëtnam maritieme krisis vir die VSA sal ook eksponensieel groter ekonomiese ontwrigting veroorsaak.

‘n Insident of twee in die Suid-Chinese See sal, selfs vir ‘n paar dae, die internasionale ekonomie ernstig knou, want die see is so belangrik vir handel en daar is min werklike alternatiewe roetes.

Meer as die helfte van die wêreld se handel in vloeibare aardgas en meer as 33 persent van die handel in ru-olie moet deur die gebied beweeg.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.