Toegangsbeheer by TUT hou oproeriges uit

Deel op

Daar was dié week bewerings dat die polisie waterkanonne en skokgranate gebruik het om die skare uiteen te jaag, maar oproeriges by die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) se hek moes omdraai ook weens streng toegangsbeheer.

Dit het duidelik geword toe die universiteit Dinsdag heropen het en groot getalle swartes toegang tot die kampus geweier is, dat talle nie geldige studente is nie.

Hulle is verbied om die kampus te betree weens redes wat wissel van historiese studieskuld tot skorsing.

“Slegs geregistreerde studente wat geldige studentekaarte kon toon is toegelaat op die kampus,” het TUT se woordvoerder Willa de Ruyter gesê.

Vyf SR-lede is geskors na weke van protes, vandalsime, geweld en klasontwrigting tydens die #FeesMustFall veldtog.

Die bestuur het later ‘n klag van aanhitsing van geweld en saakbeskadiging teen hulle aanhangig gemaak.

“Dit is die tyd om eenheid te wys. Ons kan nie toelaat dat die bestuur ons verdeel nie,” het ‘n swarte wat anoniem wou bly, gesê.

“Die bestuur is soek nog steeds diegene wat betrokke was by die oproer,” het ‘n ander swarte aan Rekord Noord gesê.

Nog ander het gesê dat daar ‘n ooreenkoms tussen die TUT en betogers aangegaan is dat studente wat die Universiteit iets verskuldig is, toegelaat sou word om te registreer nadat hulle ‘n erkenning van skuld onderteken het.

Een van die oproermakers het egter gesê: “Maar ek wil dit op rekord hê dat ek nie berou het nie, ek is nie eens jammer vir ‘n enkele een van my aksies nie. Ek sal nie die enigste een wees wat geviktimiseer word deur die stelsel van kapitalistiese TUT-bestuur nie, ” hy het gesê.

Sekuriteit was Dinsdag streng, met die polisie en ‘n private sekuriteitsmaatskappy wat die instelling gemonitor het.

Die TUT se uitvoerende bestuurskomitee het vroeër besluit dat studente aan streng voorwaardes sal moet voldoen voordat die akademiese program hervat kan word.

De Ruyter gesê studente wat teen hul uitsluiting wil appelleer moet ‘n studentenommer verskaf aan sekuriteit by die hek om die toegang tot die kampus te verkry.

Nie een van hulle kon dit glo toon nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.