Twee red tiener van swart aanvallers

Deel op

Twee jong Moot-mans het Maandagoggend op hulle voete gedink toe hulle ‘n tiener in Booysens te hulp gesnel ná ‘n noodoproep.

Jaco Green (20) het Maandagoggend by sy vriend Emile Rheeder (20) in Villieria gekuier to Green ‘n oproep van sy 14-jarige broer ontvang het.

“My boetie het my gebel en gesê dat daar swart aanvallers in die huis is,” vertel Green.

Die twee vriende het dadelik in die motor gespring en na Green se huis in Booysens gery.

Rheeder, ‘n lid van van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), sê alles het teen hul getel.

“My GPF radio se battery was pap, Jaco se lugtyd was op en ons kon nie deurkom na die polisie toe ons 10111 skakel nie,” sê Rheeder.

Die twee het so vining as moontlik gery om by die huis uit te kom nadat hulle ‘n tweede noodoproep van die jonger broer ontvang het.

“Hy het weer gebel en gesê dat hy in ‘n kas geklim het om weg te kruip. Die swart aanvallers was toe al amper in dieselfde kamer waarin hy weggekruip het,” vertel Rheeder.

Op pad na die huis het Rheeder en Green die Wonderboompoort-polisie in Flowersstraat, Capital Park gewaar.

“Die polisie was besig met ‘n arrestasie in Flowersstraat. Ons het net vir hulle geskree Jaco se broer kruip in ‘n kas weg en die aanvallers trek al in die kamer waar hy is,” sê Rheeder.

Die polisie het die twee jong mans na die huis gevolg en intussen ander polisielede in kennis gestel van die inbraak.

“Toe ons daar kom was daar klaar ander polisie op die toneel en selfs ‘n polisie helikopter in die lug. Die swart verdagtes het ongelukkig met ‘n split-sekonde ontsnap,” vertel Rheeder.

Green sê die inbrekers het met ‘n plasma-televisie en ‘n paar stukke juwele weggekom.

“Die inbrekers het van ons ander elektroniese ware reeds by die muur uitgeprop, ek dink hulle was van plan om dit ook te steel.”

Hy sê sy broer is hospitaal toe geneem vir traumaberading.

“My broer is beter, maar is steeds skrikkerig om alleen by die huis te wees. Hy praat nou gelukkig oor wat gebeur het, so dit lyk of dit beter met hom gaan.”

Rheeder sê hulle is dankbaar vir die polisie se hulp.

“As ons nie Sersant Laas en die Wonderboompoort-polisie langs die pad gekry het nie sou dit dalk ‘n ander storie gewees het.”

Die Hercules-polisieskantoor het bevestig dat ‘n saak van huisbraak geopen is.

“Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie,” sê hy.

Bron: Moot Rekord

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.