Piesangs kry slegte naam

Deel op

‘n Rashisterie het by die Universiteit van Warwick in Brittanje losgebars nadat daar op piesangs geskryf is.

‘n Petisie is geloods deur WARSoc, ‘n anti-rassisme vereniging, om die instelling “verantwoordelik te hou vir rassisme binne sy mure” nadat ‘n student kwetsende woorde op piesangs ontdek het.

WARSoc, wat poog om dekolonisering te weeg te bring, het ‘n lys van eise opgestel, insluitend ‘n oorsig van die “hele beleid van rassisme en diskriminasie” wat by Warwick heers.

Die petisie eis ook ‘n “bevryde kurrikulum” en dat baie meer swart en etniese minderhede verteenwoordiging sal word in alle posisies van aansien.

Nadat Faramade Ifaturoti, 19, ‘n eerstejaarstudent in biomediese wetenskap, Dinsdagmiddag ‘n foto gepos het op haar Twitter-blad wat lui: “Net by die kombuis ingestap en kyk na wat een van my woonstelmaats [na bewering] gedoen het. Ek is baie gewalg.”

Sy het ‘n foto van haarself met ‘n klomp van die piesangs aangeheg waarop daar twee woorde pryk, naamlik “monkey!” en “nigga!”.

WARSoc kla dat die Warwick Akkommodasiehandboek “absoluut niks” met betrekking tot rassisme uitlê nie en bygevoeg: “Tog spog die instelling hardop oor [hulle] diversiteit en dat hulle die Rasgelykheidhandves onderteken het.”

Die petisie sê ook: “Hierdie dade kom regdeur die akademiese jaar voor, elke jaar.

Terwyl me Ifaturoti haar woonstelmaats blameer vir die “skokkende rassistiese aanmerkings en verontmenslikende opmerkings” op die vrugte, is nog nie duidelik wie verantwoordelik is nie.

Die woorde kon ook geskryf gewees het deur ‘n besoeker aan die woonstel.

Die woordvoerder het gesê: “Die student is alternatiewe akkommodasie aangebied in ‘n aantal ander plekke op die kampus, terwyl die saak ondersoek word.”

Warwick se studenteraadvoorsitter, Isak Leigh, het verwys na die voorval as “absoluut walglik,” en het gesê: “[Ek] voel fisies siek. Ons het nie al die inligting nie, maar ons weet genoeg om te weet dat die sterkste moontlike stappe gedoen gaan word. Rassisme het geen plek op Warwick Universiteit nie.”

Twee jaar gelede het minderhede gekla oor die universiteit se “rassistiese swane” wat net donkerder mense aanval.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.