Swartes stel in stedelike grondhervorming belang

Deel op

Dr. Anthea Jeffery, hoof van beleidsnavorsing by die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) het ‘n indringende peiling oor swart ekonomiese bemagtiging (SEB), kwota-indiensneming, regstellende aksie en landelike grondhervorming bekend gestel.

Net 11,3% van Suid-Afrikaners wat genader is, het gesê dat die grondhervormingsbeleid hulle persoonlik gehelp het en sowat 55,7% van swart deelnemers het stedelike eiendomshervorming verkies.

Die bevindings weerspreek onlangse uitlatings van adj.pres. Cyril Ramaphosa dat die ANC-regering sy transformasiebeleid gaan voortsit ongeag skerp kritiek daarteen omdat massasteun daarvoor bestaan.

Jeffery het in die Instituut se bulletin, @Liberty, na die peiling onder 1 757 swart mense, 203 bruin mense, 223 wit mense en 63 Indiërs verwys.

Ongeveer 85% van die deelnemers kon geen voordeel uit transformasie put nie, terwyl 87% die beginsel van meriete vir werkgeleenthede sterk onderskryf.

Slegs 6% meen werksaanstellings moet demografie verteenwoordiging.

“Daarteenoor beskou 78% beter opvoeding en meer werkgeleenthede as die sleutel om ongelykheid te verminder.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.