FNB los Guptas, Nedbank gedreig

Deel op

Die Gupta-familie het Eerste Nasionale Bank versoek om redes te verstrek waarom die bank die rekeninge gesluit het van die Oakbay Investments-maatskappy wat aan die Gupta-familie behoort.

Die maatskappy is die houermaatskappy vir die Gupta-familie se sake-ondernemings in Suid-Afrika.

Volgens die Reuters-nuusagentskap het die bank nie redes vir die sluitings bekend gemaak nie.

Dit is die vierde finansiële instelling in Suid-Afrika wat bande met die Guptas verbreek het, nadat KPMG, Barclays Africa en Sasfin dit ook vroeër gedoen het.

Intussen het die nie-regeringsorganisasie 350Africa.org, wat met Oxfam en Greenpeace saamwerk, Nedbank uitgedaag om ook sy bande met die Guptas te verbreek.

Hy het Nedbank versoek om die lening van R500 miljoen wat hy aan die Guptas toegestaan het vir die aankoop en bedryf van Optimum Coal, te kanselleer.

Oakbay sê hulle vind die besluit verbysterend omdat die maatskappye se rekeninge in ‘n uitstekende finansiële toestand is en hulle reeds vir verskeie jare lojale en winsgewende kliënte was.

Die Guptas het in ‘n verklaring gesê dit is van ‘n “goed georkestreerde politieke veldtog, wat tragies genoeg van die land se mees senior instellings en enkelinge insluit”.

“Dit is baie teleurstellend dat FNB en Absa toegelaat het dat hulle ingesuig word by politieke binnegevegte deur die voorbokke van die veldtog.”

Oakbay moes inderhaas sy rekening skuif, sê hulle en die veldtog kom neer op afguns omdat dié maatskappy ‘n suksesverhaal is.

Slegs 1% van al sy kontrakte is van die regering afkomstig en die maatskappy verskaf aan 4 500 mense werk.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.