Lood se twakpraatjies

Deel op

Nadat PRAAG onlangs ‘n oud-vlootadmiraal aangehaal het wat beweer dat FW de Klerk direk geïmpliseer word in selfverryking, het “Lood” vinnig opgetree om dié verdoemende uitlatings toe te smeer.

Kennelik wil Media24 nie graag dat selfverryking aan De Klerk verbind word nie, maar slegs aan Zuma wat in vergelyking klaarblyklik nie genoeg gesteel het om verswyg te word nie.

In “Lood se praatjies Die regses se jongste ongelooflike teorie” word die gewone ou gemeenplase oor regses, domheid en dranksug herhaal.

Die regses se jongste ongelooflike teorie:
Uit die aard van Lood se rubriek kom vreemde dinge soms oor die lessenaar. Daaruit blyk dit dat die amper outydse regses nog springlewendig en met ons is – glo dit of nie. Hulle het op ‘n tyd mos gefloreer op samesweringsteorieë waarvan sommige per pos op kassetbande uit die suidelike state van die VSA hier aangekom het. Moontlik het hulle ook al internet of ander metodes om dit te kry – of dit word heel waarskynlik meestal op Vrydagaande se “bring- ‘n-brandewynbottel-en-braai” uitgedink. Die jongste teorie uit daardie kringe gaan juis oor die probleme rondom pres. Jacob Zuma. Dit gaan glo nie oor die goeie teen die slegte of selfverrykers teen die regstaat nie – dit is een groot Amerikaanse komplot. Die Yanks is glo vies oor die regering se noue bande met China en Rusland en wil Zuma daarom uitkry en ‘n meer Westersgesinde president in sy plek laat aanstel. Nou het ons alles gehoor.

PRAAG is nie bewus van die die oud-vlootadmiraal Anthony Howell se regse politieke oortuigings, sy kognitiewe beperkings of sy alkoholverslawing nie, maar eerder verbaas dat Media24 se ywerige joernaliste nie verder ondersoek instel na Howell se opspraakwekkende bewerings waarby miljarde – nie miljoene nie – betrokke is nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.