Inwoners vlug na skermutselinge in Brazzaville

Deel op

Kongolese inwoners van die suidelike distrikte van Brazzaville skuil by ’n kerk nadat hulle Maandag van intensiewe skermutselinge tussen veiligheidsmagte en opposisie-voorstanders in die suide van die hoofstad van die Republiek van die Kongo gevlug het.

Gevegte woed nog in dele van die stad, het AFP berig.

Volgens verslaggewers op die toneel, het paniekbevange mense na die noorde van die stad gestroom, weg van suidelike gebiede, wat lojaal aan die opposisie is en pres. Denis Sassou Nguesso se onlangse herverkiesing teenstaan.

Swaar geweervuur is sedert vroeg dié week in die hoofstad van die ­Republiek van die Kongo gehoor. ’n Regeringswoordvoerder het bevestig dat die polisie in gevegte met ­milisie-vegters gewikkel is.

Die skietery is in die suidelike Bacongo- en Makelekele-woonbuurt van Brazzaville gehoor.

Die milisie staan bekend as die ninjas. Dit was een van die hoof-anti­regeringsmagte in die 1998-’99-burgeroorlog in die land.

Die groep staan onder leiding van die afvallige pastoor, Frederic Bitsangou. Die groep het die 1999-skietstilstandooreenkoms onderteken, maar vroeg in 2000 weer die wapen opgeneem en geëis om ’n rol in politieke en militêre besluitneming te speel.

Die milisie onder Bitsangou is uiteindelik ontbind en hy is later as minister in die land se regering aangestel.

Maandag se gevegte kom weke na die herverkiesing van die langdienende president, Denis Sassou N’Guesso. Hy regeer die land sedert 1979 met uitsondering van vyf jaar sedert 1992 toe hy in die land se eerste veelparty verkiesing uitgestem is en nie aan bewind was nie.

Hy het weer in die verkiesing wat op 20 Maart gehou is, gestaan nadat ’n grondwetlike referendum die termyn en ouderdomsbeperking vir presidentskandidate geskrap het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.