ISIS uit sleuteldorp gedryf

Deel op

Sirië het met die hulp van Russiese lugaanvalle Sondag die Islamitiese Staat (ISIS) uit die dorp al-Qaryatain gedryf.

ISIS het in Augustus beheer van die dorp geneem.

Sirië se staatstelevisie het Maandag berig dat die dorp weer in die hande van die wettige regering is. “Die laaste groepe Daesh-terroriste in die dorp is om die lewe gebring.”

Die dorp lê sowat 100km wes van die antieke stad Palmira wat verlede Sondag van die Islamitiese staat herower is.

Dit is ‘n strategiese dorp waardeur olie en gas deur die invallers gesmokkel is. ISIS se voorraadroete in Sirië is daarmee ontwrig.

Die herowering van die dorp word het ISIS se greep op die digbevolkte weste van Sirië – asook Damaskus en ander belangrike stede – losgemaak.

Die regering beplan om ander terreurneste in die gebied skoon te maak.

Volgens berigte uit Sirië het die soldate die dorp uit verskillende rigtings binnegeval en landmyne noordwes van die dorp is onskadelik te stel.

Duisende landmyne is ook geplant toe ISIS uit Palmira gevlug het en inwoners sal eers kan terugkeer wanneer die myne onskadelik gestel is.

ISIS beheer steeds die stad Raqqa – wat hy as sy hoofstad benut – en die grootste deel van die provinsie Deir al-Zor in die ooste van die land en aangrensend aan Irak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.