Islamitiese Staat aanvaar verantwoordelikheid vir Irak-aanvalle

Deel op

Selfmoordbomaanvalle het die lewens van minstens 24 mense Maandag in Irak geëis.

Intussen vlug duisende inwoners uit die strategiese stad Hit, wes van Bagdad, wat deur Islamitiese militante bedreig word.

Die Islamitiese Staat (IS), wat dele van die noorde en die weste van Irak beheer, het op die Amaq-nuusblad verklaar dat hulle verantwoordelikheid vir die aanvalle aanvaar.

Volgens amptenare het die aanvallers onder meer lede van ’n Sjiïtiese militêre groep geteiken.

‘n Motorbom het in Basra, die grootste stad in Irak, ontplof. Minstens vyf mense het omgekom.

Die bom het ook ‘n konvooi van ‘n koalisie van Sjiïtiese soldate, die PMF, geteiken en nog vyf mense is in dié voorval dood.

Vyf mense is ook dood toe selfmoordbomaanvallers hulself by militêre punte in Bagdad ­opgeblaas het.

In die suidelike stad Nassiriya is minstens vier lede van die PMF-groep buite ’n restaurant in ’n selfmoordbomaanval dood.

Twee lede van die regeringsmagte is in die weste van Bagdad in ’n motorbom-aanval dood en ’n derde lid in ’n ontploffing in die suide van dié stad.

Twee mense is dood in ’n mortierbomaanval in die Abu Ghraib-distrik.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.