Europa stuur migrante terug

Deel op

Migrante wat van die Griekse eiland Lesbos teruggestuur is, het Maandag in Turkye begin aankom ingevolge ‘n omstrede ooreenkoms wat daarop gemik is om die hooftoevoerroete van miljoene mense oor die Egeïese see na Griekeland te sluit.

Ingevolge die ooreenkoms wat deur menseregtegroepe en vlugtelingagentskappe veroordeel word, sal Ankara alle migrante insluitende Siriërs wat Griekeland onwettig binnegaan, terugneem in ruil waarvoor die Europese Unie duisende Siriërs regstreeks van Turkye sal ontvang.

Turkye word ook met meer geld, vervroegde visumvrye reise en vordering met die land se onderhandelinge vir EU-lidmaatskap beloon, het Reuters berig.

Twee Turkse passasiersbote met 131 migrante het gisteroggend in die Turkse hawedorp Dikili onder begeleiding van die Turkse kuswag en ‘n polisiehelikopter aangekom.

Altesaam 66 mense, van wie die meeste Afgane is, is ook Maandag na Turkye teruggestuur.

Die doel van die EU-ooreenkoms met Turkye is om migrante te ontmoedig om die gevaarlike seevaart dikwels in klein vaartuie, te onderneem. Dit het vberder ten doel en om die sakemodel van mense-smokkelary te breek wat tot Europa se grootste migrasie-vlaag sedert die Tweede Wêreldoorlog gelei het.

‘n Paar ure nadat die eerste boot met vlugtelinge van die Griekse eiland Lesbos na Turkye vertrek het, het die Griekse kuswag minstens twee klein vaartuie gered.

Die twee vaartuie het meer as 50 migrante onder wie kinders en ‘n vrou in ‘n rolstoel, aan boord gehad wat die eiland probeer bereik het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.