Swart plaasaanvallers se arres met hommeltuig verfilm

Deel op

Swart plaasaanvallers in Stutterheim het hul moses teëgekom met ‘n hommeltuig.

Ian Cawthorn van die plaas Strauss by Stutterheim was Sondag besig om te braai, toe swart aanvallers in ‘n voertuig opdaag en dreig om hom dood te skiet.

Cawthorn het in sy huis gevlug maar sy vriendin is in die been geskiet. Die aanvaller het daarna op die vlug geslaan.

Greg Miles, Cawthorn se buurman, hom na die toneel gehaas nadat hy verwittig is van die aanval en omliggende boere is ook via hul WhatsApp-groep in kennis gestel.

Die boere in die gebied het in hul voertuie gespring om hulp te gaan verleen.

Een boer, net uit die kerk, het die aanvallers se voertuig sien verbykom. Hy het omgedraai en die aanvallers gevolg.

‘n Pap wiel het die booswigte genoop om hul voertuig te verlaat en in die bosse en ruigtes naby die pad skuiling te soek om die polisie en boere – wat teen daardie tyd warm op hul spoor was – te fnuik.

Na verneem word is drie van die aanvallers aangekeer en aan die polisie oorhandig.

Miles het met sy hommeltuig die arrestasie verfilm. Hy het aan landbou.com gesê as sy hommeltuig infrarooi-toerusting gehad het, sou al die vlugtendes in die bos opgespoor kon word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.