Liberië vra vir kalmte na Ebola weer kop uitsteek

Deel op

Owerhede in Liberië het ’n oproep tot kalmte gedoen, ná die ontdekking van nog ’n geval van die dodelike Ebola-virus meer as twee maande nadat die epidemie in die land hok geslaan is.

Die jongste slagoffer is ’n 30-jarige vrou wat dood is nadat sy na ’n hospitaal in die hoofstad Monrovië oorgeplaas is, het AFP berig.

Die land se minister van gesondheid het in ’n verklaring ’n beroep op inwoners gedoen “om nie paniekerig te raak nie”.

Geen nuus is bekend oor die oorsprong van die jongste geval nie, twee maande nadat Liberië in Januarie vir ’n tweede keer Ebola-vry verklaar is.

“Ons gaan voort om die oorsprong van oordrag te ondersoek,” het die adjunkminister van gesondheid, mnr. Tolbert Nyensuah, gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.