Diplomatieke voertuig in Windhoek gekaap

‘n Diplomatieke voertuig is Saterdag in die oggendure in Windhoek gekaap.

Die insittendes is daarna aangerand en van hul besittings beroof.

Die voorval het glo tussen 03:00 en 04:00 in Frankie Fredericksrylaan in Olympia plaasgevind, het die Republikein berig.

Volgens lede van ’n plaaslike buurtwag is die sedanmotor glo deur ’n wit Toyota Hiace-minibus met tussen drie tot vyf insittendes, van die pad gedwing.

Die insittendes van die diplomatieke voertuig is na bewering uit die voertuig geruk waarna een van die passasiers glo erg aangerand is.

Die rowers het hulself met die passa­siers se waardevolle besittings uit die voete gemaak.

Buurtwaggroepe en die polisie is gewaarsku dat insittendes van die minibus “gewapen en op die aanval” is.

Die voorval is deur die woordvoerder van die Namibiese polisie, insp. Slogan Matheus bevestig.

Hy kon nie bevestig aan watter ambassade die slagoffers van die roof verbonde is nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.