N14 by Kuruman sluit na protes

Deel op

Die Noord-Kaapse polisie is steeds besig om ‘n ogie te hou oor die betogers op die N14 naby Kuruman.

Die pad is vir verkeer gesluit nadat dit versper is met brandende bande, boomtakke en klippe vanoggend omstreeks 06:00.

Volgens polisiewoordvoerder, Olebogeng Tawana, is die inwoners van Mapoteng gegrief oor die swak dienslewering van die plaaslike munisipaliteit. Tawana sê die situasie is kalm op die oomblik.

Verkeer vloei glo weer.

Dit volg nadat die plaaslike burgemeester en die gemeenskapsleiers ‘n vergadering gehad het wat gelei het tot die ontevredenheid.

Niemand is beseer nie en geen eiendom beskadig tydens die voorval nie. Die polisie sal voortgaan om die situasie te monitor.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.