Walus wil aansoek doen om tydelike parool

Deel op

Volgend Janusz Walus se regsverteenwoordiger gaan die politieke gevangene ‘n versoek rig dat hy tydelik op parool vrygelaat word nadat die staat aangedui het dat hulle appèl sal aanteken teen sy vrylating.

Die hof het op 10 Maart die minister van Korrektiewe Dienste se besluit om nie parool aan Walus toe te staan nie, tersyde gestel.

Julian Knight, Walus se prokureur, het gesê dat hy ‘n aansoek by die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria sal indien as Michael Masutha, die minister, se aansoek om verlof tot appèl aangehoor is.

Jacob Mamabolo, SAKP-sekretaris in Gauteng, het intussen ‘n memorandum aan die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, oorhandig.

Die SAKP eis ‘n dringende wysiging van paroolwette sodat die families van slagoffers kan bepaal dat parool geweier word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.