Petrolprys styg skerp

Deel op

Die petrolprys sal Woensdag tot 88c per liter verhoog word.

Die departement van energie het Saterdag die verhoging vir April aangekondig vir verbruikers wat reeds sukkel met rentekoersverhogings en die gevolge van die droogte.

Die prys van petroleumprodukte het op internasionale markte gestyg met sowat 52c per liter vir petrol en 61c per liter vir diesel.

‘n Liter 95-oktaan-petrol sal dus nou R12,62 kos en 93-oktaan R12,32.

Die prys van diesel sal ook styg en gas word met R1,10 per kilogram duurder.

Die redes vir die verhoging in Gauteng sluit in die 30c per liter styging van die brandstofheffing wat in Februarie deur die minister van finansies aangekondig is.

Dit sluit ook die styging in vervoerkoste van 5,2c per liter in Gauteng in agv die verhoging in Transnet se pypleidingsheffing wat deur Nersa goedgekeur is.

Die departement gaan Dinsdag die pryse vir die res van die land aankondig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.