Cyril kry wiele na lugmagvlerke probleme gee

Deel op

‘n Lugmagvliegtuig wat adjunkpresident Cyril Ramaphosa vervoer het moes Sondagmiddag weens tegniese probleme terugdraai, het RSG berig.

Ramaphosa het van Mpumalanga af teruggekeer waar hy ingehuldig is as die eerste kanselier van die Mpumalanga Universiteit.

Hy het ook ‘n beraad van die ANC-geleide drieparty-alliansie toegespreek.

Polisie-lyfwagte moes hom met ‘n motor terugneem huis toe, waarna die presidensie bevestig het dat hy veilig aangekom het.

Die president en sy adjunk het minstens drie keer vanjaar probleme met vliegtuie van die lugmag ondervind.

Ramaphosa het probleme ondervind toe hy van Suid-Soedan af teruggekeer het.

President Jacob Zuma was ook in Burundi gestrand toe sy vliegtuig meganiese probleme ondervind het.

Die aankoop van ‘n nuwe presidensiële vliegtuig sal na raming vier miljard rand kos.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.