VSA deporteer 46 persent meer Meksikane en Sentraal-Amerikaners

Amerika het meer as 154 000 Meksikane en Sentraal-Amerikaners gedeporteer in die 2008 finansiële jaar, wat 'n 46% verhoging is teenoor die vorige jaar, het hulle Donderdag in 'n amptelike verklaring gesê.

Meer as 212 000 is altesaam gedeporteer, met byna driekwart wat van Meksiko en Sentraal-Amerika afkomstig is, volgens die verklaring deur die Amerikaanse Immigrasie en Doeane kantoor in die grensdorp McAllen in Taxas.

Die meeste, 82 000 is Meksikane wat die 3170 kilometer grens tussen Meksiko en Amerika oorsteek.

Al die lande het 'n verhoging gehad in deportasie, behalwe Nicaragua, waar deportasie verminder het tot net oor die 2000.

Amerika het immigrante gedeporteer na 190 lande en het meer as 4000 deportasievlugte gehad teenoor amper 3000 vlugte in die vorige jaar, wat van 1 Oktober tot 30September strek.

Die hoeveelheid onwettige immigrante het drasties gedaal vanweë maatreëls wat 'n heining langs die suidelike grens insluit, het Michael Chertoff, die sekretaris van binnelandse veiligheid Donderdag in Washington gesê.

"Ons het 'n daling gesien in die hoeveelheid mense wat die grens onwettig probeer oorsteek," het Chertoff gesê gedurende 'n oorsig van die departement se aksies sedert dit 7 jaar gelede gestig is.

Die heining, wat langs groot dele van die Rio Grande loop is meer as 5 meter hoog en het baie kontroversie ontlok. Daar was ook verskei hofsake daaroor, maar nie een was sover geslaag nie.

топка для банилобановский супермаркет класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.