Al-Sjabaab verantwoordelik vir Somaliese selfmoordbom

Deel op

’n Islamitiese militante selfmoordbomaanvaller het die week in die outonome Somaliese streek, Puntland, sy arms om ’n plaaslike ampenaar gesit asof hy hom wou omhels en toe albei die lug ingeblaas.

Die militante Islamitiese groep, al Sjabaab, teiken gereeld staatsamptenare in pogings om die Westers-gesteunde regering van Somalië omver te werp. Die groep het aanspreeklikheid vir die voorval aanvaar.

“Ons het Saeed Ali, die tesourier van Galkayo, en verskeie polisiebeamptes wat hom opgepas het, doodgemaak,” het Sjeik Abdiasis Aboe Moesab, al Sjabaab se woordvoerder vir militêre operasies, aan Reuters gesê.

Majoor Noer Ahmed, ’n polisiebeampte, het aan Reuters gesê Saeed Ali en sy wagte is geteiken toe hulle in ’n voertuig wou klim.

Ooggetuies sê twee omstanders is ook in die ontploffing dood, maar dit kon nie onmiddellik bevestig word nie.

Die VSA het verlede jaar ‘n 20 jaar oue wapenverbod teen Somalië verbreek deur die opleiding aan die land se intelligensie-gemeenskap te verskaf.

Die opleiding asook die implementering van spesiale magte is sonder kennisgewing aan die Verenigde Nasies gedoen, volgens ‘n nuwe verslag.

Die ongemagtigde intelligensie-opleiding is vervat in ‘n verslag van die Verenigde Nasies wat nuwe besonderhede oor die Amerikaanse oorlog teen Al-Kaida aan die lig bering.

Die verslag, wat uitgereik is deur die VN se Somalia Eritrea Monitoring Group (SEMG) bevat besonderhede oor drie geheime Amerikaanse programme om Somaliese veiligheidsdienste in hul stryd teen Al-Sjabaab, die Somalië filiaal van Al-Kaida, by te staan.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.