NG Kerk stel poligamie in, ná versoek van gay-lidmate

‘n Studiekommissie van die NG Kerk onder voorsitterskap van dr. André Bartlett het aanbeveel dat poligamie deur die Kerk aanvaar word. “Ons verwag dat poligame huweliksmaats vanaf vandag net soos tradisionele sisgenderpare voor die kansel die huweliksformulier in ons kerk sal kan opsê,” sê Bartlett. “Ek het self reeds ‘n eggemeenskap van drie mense in die kerk getrou.”

Nadat die algemene sinode van die NG Kerk verlede jaar met 102 stemme teen 88 gay huwelike aanvaar het, het vele ampsdraers gevoel dat die kerk nog nie ver genoeg gegaan het in sy “verwerping van heteronormatiwiteit en bevestiging van geslagtelike diversiteit nie”. Die studiekommissie het ook by Islam gaan kers opsteek wat poligamie betref.

“Ons aanvaar almal nou dat daar net een Opperwese is wat ons op verskillende maniere aanbid,” het dr. Bartlett gister in sy huis in Parkview, Johannesburg, aan ‘n uitgesoekte groepie joernaliste gesê. “Sommige van ons behoort aan een van die susterskerke, ander is weer Moslems of Jode of Hindoes. Dit maak geen verskil nie. Daarom het ons gevoel ons moet ook die Koran oor die kwessie van poligamie raadpleeg om tot groter helderheid te kom.”

‘n Probleem het onlangs by die gemeente Aasvoëlkop ontstaan toe ‘n gay paar, wat egter in die landdroshof getroud is, by die kerk aangeklop het om met ‘n derde persoon te trou. Die derde persoon was van die transgeslag.

“Man, dit was nou vir jou ‘n kopkrapper,” sug Bartlett. “Van die begin af het ons gevoel ons kan nie die drie mense wegwys nie, maar vir ons was dit ‘n probleem dat die aanvanklike gay paar nie in die kerk getroud is nie. Hulle het egter ingestem dat indien ons bereid is om die derde persoon ook met die aanvanklike twee te laat trou, sal hulle al drie aan die huwelikseremonie in die kerk deelneem. Daarmee is ‘n groot struikelblok uit die weg geruim. Dit was so ‘n magic moment toe ons mekaar op daardie punt verstaan.”

Die sinodale studiekommissie het gister ‘n verslag voorgelê waarin aanbeveel word dat die NG Kerk sonder meer poligamie, van sowel sisgendermense as gays aanvaar. Die verslag en sy aanbevelings is eenparig aanvaar. “Die sinode hoef nie weer te stem nie,” sê Bartlett. “Ons het mos klaar gestem. Van die oomblik dat jy die beginsel van gay huwelike aanvaar, bevind jy jou in die volle heerlikheid van Christus se liefde en is alle huweliksvorme wat in die skepping bestaan, aanvaarbaar. Ons dink baie sisgender- of heteroseksuele huweliksmaats gaan ook hierby baat vind.”

“Sisgender” is ‘n term wat deur geslagsaktiviste gebruik word om heteroseksuele mense mee te benoem wat nie meer die norm is nie. “Die NG Kerk aanvaar ook nie meer sisgender as norm nie,” bevestig dr. André Bartlett. “Die tyd van normatiwiteit is verby. Jy weet die aarde is rond, maar as jy in die Karoo staan en jy sien hoe plat die Karoo is, dan kan jy maklik dink die aarde ís miskien plat. Vandat ek die Koran gelees het, weet ek die aarde is waaragtig rond.”

Bartlett meen dat elke NG-lidmaat vertroud behoort te wees met hoofstuk 4:3 van die Koran waarin staan:

“En as u vrees dat u nie regskape sal wees in u behandeling van wesens nie, trou dan vroue wat u behaag, twee of drie, of vier, as u vrees dat u nie regverdig gaan handel nie, dan één of wat u regterhand besit. Dit is vir u die beste weg, om onregverdigheid te voorkom.”

Die NG Kerk se standpunt stem grotendeels met dié van Islam ooreen, naamlik dat poligamie nie verplig is nie, maar ‘n keuse is wat uitgeoefen word. “‘n Mens kies hoeveel huweliksmaats jy wil hê,” sê dr. André Bartlett. “Nes jy jou geslag kies. Al is jy ‘n man gebore, kan jy steeds as vrou bestaan, vroueklere dra en ‘n vrou of man as huweliksmaat hê. Vir die Here is alles cool.”

Die feit dat president Jacob Zuma ook oor meer as een vrou beskik, maak dit vir die NG Kerk makliker om poligamie te aanvaar. Immers staan daar in Romeine 13:

“Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en dié wat daar is, is deur God ingestel, sodat hy wat hom teen die mag versit, die instelling van God weerstaan; en dié wat dit weerstaan, sal hulle oordeel ontvang.”

Dr. Bartlett het self onlangs die eerste poligame huwelikseremonie in die NG Kerk waargeneem, geklee in dr. Beyers Naudé se ou toga wat hy as geskenk ontvang het. Hy kry trane in sy oë as hy aan “Oom Bey”, dominee en stryder teen apartheid, dink en sê:

“Die feit dat ek (as gay-aktivis) vasgebyt het, het baie met sy voorbeeld te doen. As dit gaan oor geregtigheid, is dit ononderhandelbaar, dan vat jy die punch. Dít het ek by hom geleer.

“Ek het hom so 14, 15 jaar terug gevra wat hý dink oor die gay kwessie. Toe sê hy hy moet eerlik wees, hy verstaan dit nie, maar wat hy wel verstaan, is dat daar onreg teen mense gepleeg word. En waar daar onreg gepleeg word, moet dit reggestel word.”

‘Monogamie is rassisties’

Die kerk sal ook onreg pleeg as hy nie sy poligame lidmate ter wille is nie. “Boonop is monogamie rassisties, veral op ons kontinent,” sê dr. Bartlett. “Dis hoofsaaklik blankes wat hulle by monogamie hou terwyl Afrikane meesal poligamie beoefen. Dis die blanke wat sy vooroordele koloniaal op swart mense afgeforseer het. Ek voel ons kan baie by die tradisionale kulture leer. Dis tyd om ‘n mens oop te stel vir dié dinge, net soos die Kerk haar vir gay-wees oopgestel het.”

Toe dr. Bartlett die twee gay mans en ‘n transgeslagpersoon in die huwelik bevestig het, het hy skielik na die transgeslagpersoon se geboortedatum gekyk: 1 April 1994. “Toe begin ek sommer huil,” beken hy. “Hier is iemand wat in Aprilmaand, Vryheidsmaand, gebore is en vandag trou ek hom (of haar, want sy het ‘n trourok gedra) met twee ander mans. Watter wonderlike voorreg. Dit was amazing!”

Die NG Kerk se gewysigde huweliksformulier, waarin die woorde “man en vrou” deurgaans geskrap is, sal van vandag af landwyd in alle gemeentes ontplooi word. “Ons sal seker al weer hate mail van die ou verkramptes kry, maar ek delete dit net,” sê Bartlett.

Die eerste twee paragrawe van die NG Kerk se nuwe gay- en poligaamvriendelike huweliksformulier lui soos volg:

Die huwelik is deur God ingestel toe Hy aan die begin gesê het: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie; Ek sal vir hom persone maak wat hom kan help, sy gelykes.” So het Hy hulle as mense geskep om mekaar as huweliksmaats aan te vul en by te staan. Om so deur die Here verenig te wees is ‘n voorreg, ‘n vreugde en ‘n verantwoordelikheid.

Die huwelik is ‘n hegte eenheid waarin daar ‘n plek vir ‘n derde, ‘n vierde of meerdere persone is. Hierdie eenheid is die diep geheim van ‘n gelukkige lewe, die grondslag van ‘n gesonde gesinslewe en die hoeksteen vir ‘n stabiele samelewing. Eggemeenskappe wat in God hul eenheid, geluk en toekoms vind, en wat hul lewe inrig onder heerskappy van sy Woord en Gees, is vir mekaar, vir hul familie, die kerk en die samelewing ‘n vreugde, krag en inspirasie. Dit gee aan ‘n eggemeenskap die vrymoedigheid om vir sy leiding op hulle huwelik te bid.

“Ons het gevorder van die ‘egpaar’ na die ‘eggemeenskap’,” meen dr. André Bartlett. “Ons het hard gewerk oor die jare. Dit maak my sommer baie emo as ek dit sê.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Maddox1

    Eers gedink dit verbaas my nie, want alles is so siek in die land, maar toe slaan dit my: 1 April. Baie oulik julle……

  • Karel Combrinck

    Ek wou net kwaad word Praag. Julle bokkers.
    Nietemin, ‘n lekker 1 April vir julle daar en vir al ons lesers.

  • Riempies

    Praag het my genader om n ANC tak te stig hier op Praag – aansoeke
    word hoog opprys gestel en moet gerig word aan Praagspan.co.zz.

    • G

      Eisj!

    • Thys Human

      Ek het my aansoek gister gesop…ag gepis.. ag vergeet dit!

  • Vixiewp

    Sjoe, ek wou my net-net vererg, toe onthou ek watter dag dit is

  • Zapata

    Al hierdie “kuise” voorstelle van dr.Bartlett geld natuurlik net vir Zuma en die ahensee parlement. hehehe.

  • Riempies

    Weet iemand dalk of dr.
    Andre Barlett en Dick van Dyke familie is?

  • Kalium_Chloraat

    Ek lees dat daar ‘n hotel op Tafelberg gebou gaan word. Natuurliefhebbers maak glo heftig beswaar, maar die planne van ‘n berugte Indiërfamilie gaan voort. Die hotel sal blykbaar op 1 April 2017 in gebruik geneem word.

    • Riempies

      Die ANC maak n mens so woedend as hulle die land so opvoeter
      omdat hulle oor geen estetiese waardering vir enigiets beskik nie. Hulle eendag
      wakkerskrik en agterkom dat hulle geldsug hulle uitgeboer het uit die land wat
      hulle in die eersteplek nie verdien of gebou het nie en vreemde mense gaan
      hulle base wees – en hulle gaan die klase wees.

    • Johann Schutte

      Welcome to the Tsafendas on Mount Nelson.

  • Anton Schutte

    As Creighton Abrams said “eat the elephant one bite at a time”….I wish to remind the readers that this same uber conservative organisation, purportedly representing “God’s Word”, were in direct opposition (in the 70’s) to black participation, equal rights, gay rights, babies married out of wedlock, (and many more rules to be quoted, ad nauseam) Now it seems that they have had an epiphanic moment and “found” passages in the same book, that allows for this “change of heart”… The moral code of the “Volk” being broken down, one small bite at a time. No wonder so many people are becoming agnostic in their belief systems.

  • Thys Human

    Dit was ‘n goeie een – veral omdat dit so dem naby aan die waarheid kon gewees het!

  • Johann Schutte

    This is probably more of an ominous prediction than an April fools joke.

    Just a few decades ago, the theological ‘brains trust’ occupied itself with vexing questions of the day, such as whether dancing is sin, whether females should be allowed on the pulpit, whether the hat and tie should be a requirement for attendance, and whether buying an icecream or the newspaper on Sundays constitutes (unchristian) economic activity or not.

    The Gereformeerde kerk in fact came into being because a number of discontents felt that singing in church should be limited to psalms, officially declaring that the Hervormde kerk from which it seceded, was a ‘false church’, as it persisted with unholy gesange.

    The verdict stands to this day, as the repudiation of the original secessional grounds would imply that the Gerefomeerde kerk’s existence is invalid.

    The debate now rages on more contemporary issues, wholy dictated by political correctness. It’s a simple matter of fact that the church adapts to whatever secular law dictates.

    • Riempies

      Schutte is tradioneel n Dopper van.

      • Johann Schutte

        My voorgeslag is van die einste doppers wat onder die seringboom afgestig het. Groot Trek, boereoorlog, konsentrasiekamp, rebellie Afrikaners.

        • Riempies

          Stoere Boere Afrikanerstamboom om op baie trots te wees.

          Ek het n soortgelyke stamboom.

          • Thys Human

            Ek ook! En ek was nooit ‘n dopper nie, maar ek het “Calvinistiese Wysbegeerte” as hoofvak gehad op daai ou “dopper” universiteit! Gelukkig vroeg al tot beter insigte gekom!

          • Riempies

            Thys “ek ook”……… Wat ?

          • jan

            Net soos Stalin natuurlik.

          • Thys Human

            Stoere stamboom om op trots te wees! Het al voorheen hier gespog met Dirkie Uys se ma, Gertruida gebore Human op die Humans se familieplaas in die Uitenhage distrik waar my pa ‘n goeie klompie jare later gebore is!

          • jan

            Thysh se ‘Wys – Begeerte’ studies herhinder aan die Bruid van die Jaar kompetisie waar die dametje 3 vrae moes antwoord om vanmelewe se dobbelwet te eerbiedig.
            1 Juffrou watter twee goed van ‘n man wil ‘n bruid net gedurig vashou?
            Hande ja hande natuurlik
            2. Juffrou watter twee goed van ‘n man wil ‘n bruid net gedurig soen?
            Lippe natuurlik lippe.
            3 Juffrou die borge het goedgunstiglik gesê dat u aanstaande manlief u kan help met die 3de vraag. Meneer waar is u ? Staan op en kom na die verhoog asb.
            Neeee wat ek sallie kan help nie – ek het alles sovêr VERKEERD!.!!

            Die ou en nuwe ‘ insigte’ nê?

          • Johann Schutte

            Die term was ‘Interfakultere Wysbegeerte’, en later ‘Wetenskapsleer’.

        • Johann. My ma se voorgeslagte is die Buys- en Venterfamilie van Wes-Transvaal, wat ook verlangs familie is van die Schuttefamilie van veral Sannieshof. Die meeste van hulle was natuurlik ook Doppers. Ek het grootgeword in die NG Kerk, maar het gelukkig ook soos Thys al jare gelede tot beter insigte gekom.

          • Johann Schutte

            Dag swaer. Ek wou se jy lyk half bekend. Die Sannieshof Schuttes is neefs/niggies. Paul, Johanna, en Petrus, synde ons dieselfde Oupa (Jan Harm Petrus) het. As jy Buys en Venter in jou genetika het verhoog die kanse dat ons voorgeslagte selfs saam op `n kiekie is iewers.

          • jan

            Is julle kultuur gestroop of verryk.? Het julle iets gewen of verloor het julle lewe gekry of lewe verloor? Dis die julle probleem of julle onterf is

            Ek het ook my bande met die NGK NP teokrasie gebreek omdat daai dominees my siek seuntjie nie wou doop nie want pa is te veel HNP gesind . 197i reeds!!
            Hy wou ook nie gestremde kindertjies doop nie. geweldig!
            Hyt ‘n stryd gehad met inklusiwiteite en ekslusiwiteit [apartheid]
            Die arme ds het later selfmoord gepleeg. Tragies

            Julle sal my niks kan vertel van die boosaardigheid van ‘n NP teokrasie van Nazi Vorster tot Heyns tot Thysh se doodse satanisme nie. Die hele f** erfloekte spektrum wat julle steeds soooo geniet.

            Gelukkig het die APK tot ons redding gekom.. ‘n Vokkskerk in die plek van die Staatskerk. Nou het ons vir die eerste keer ‘n geestelike tuiste herontdek / herontwerp met die BCVO skole oa.

            Die enigste lig in die duisternis.

          • Riempies

            Wat die PUK betref – Jan jy weet duidelik nie veel van die
            PUK af nie – Ja die PUK is ook vol verraad maar daar is nog steeds n paar sterk behoudende lede wat hulle stemme laat hoor – hoekom anders dink jy staan die PUK nog? Koos Vorster tenspyt.

            Jy is reg dat n mens nou besef in retrospek dat daar n
            geweldige bose poging was en is al vir baie jare al teen die blankes wat nou eers op die lappe begin kom.

            Wat jy ingedagte moet hou is dat dit nie net die blankes is
            wat hulle van ontslae wil raak nie – hulle (die NWO) wil die Afrika kontinent vir hulle self hê en dit is die blankes vir wie hulle ligloop – die swartes is maklik hanteerbaar en geen bedreiging nie van hulle kan hulle vinnig ontslae raak met die klap van n vinger.

            Die onderskeie kerkgenootskappe was en is maklik om te
            vernietig – die behoudende Doppers was hulle probleem – hoekom anders dink jy het hulle juis n Dopper teoloog gevra om vir hulle uit die Bybel navorsing te doen hoe om gay mense te akkommodeer as normaal om te trou en as normale mense met hulle afwykings te aanvaar sodat hulle kan trou en andermense se kinders kan groot maak in hierdie siek mileu? Ek het nog nie self die werkstuk gelees nie kan dus nie kommentaar daaroor lewer nie maar dat dit siek en anti Gods
            woord is – is verseker. Ek het wel gister n paar briewe gelees waar Koos en Hermie goed die kopgewas is. Oor die kleurgrens meng is ook n gruwel.

  • whiskypappa wisekey

    Dus keer die ng kerk holstekery nou goed? Ek is bly ek staan nie in julle satanaanbidders se skoene oor hierdie klas van stront nie. Geen holsteker of domineetjie gaan my oortuig dat hierdie n afskuwelike sonde in God se oê is nie

    • fourijm

      Moffies het seker nie biologie op skool gehad nie nou is hulle heeltemal deurmekaar.

  • Rooikop

    April 1? Moontlike waarheid in die toekoms? Ja!

  • jan

    Weet julle en het julle ook gehoor dat die Vrymesselaars nou oopgegooi is vir SA Swartes en Vroue.?

    Hulle wil vir Zille en Thuli vra om aan te sluit / die eed te sweer en het reeds enkele van Zuma se harem genader om die skottelgoed te was tydens die vergaderings .
    Malema word gewerf en die Vrydenkers om die Stoel te neem. OGOT Hans is reeds ingehuldig as op vlak subzero tydens ‘n seremonie in stikdonkerte waartydens hulle rou bokvleis ge-eet het [biltong]. Daar word gesing uit die Gegoogelde anale en voorgelees uit Perskor se argiewe van hul sirkulasie syfers.
    Die Tsafendas medaljes word toegeken aan belowende EFFERS en die Pratt beurse aan intellegente inboorlinge wat reeds met wit dames getroud is.

    Me Isebel word eersdaags gekies uit die swart kandidate maar dis alles uiters geheim. Maar dis bekend dat sy toorkunsies sal moet leer en sanglesse moet kry om die areas ui t die Towerfluit van Mozart te kan baasraak. Sy moet dit saggies kan sing.

    Hulle gebruik spykerskrif om in die donkerte te kommunikeer.- sommer deur die ore soortvan….

    Kultuur stropery is mos ons nasionale sport sedert Verwoerd se teregselling. Eindelose Pratt.en plesier. hmmmm

    Lekker man lekker in die plek van rugby.

  • Ou Transvaal

    Interressant om te sien hoe die Roomse Pallum weer sy verskyning saam die toga maak net met n sterk Afrika kleur ontwerp, ek wonder wie Bartlett se pensioen gaan betaal wanneer die instelling val, seker maar die Pontus Maximus!

  • Coert Welman

    Aprilgek grappie?

  • Junius Lamema

    Sjoe, ek het gister twee huweliksaanbode gedoen! En, wat erger is, het die lobolas betaal!! 🙁

  • Jared van Niekerk

    Die volgende is helaas nie ‘n Aprilgekkegrappie nie: Volgens die New York Times mag die deelstaat North Carolina federale befondsing verloor. North Carolina het die fout gemaak om ‘n wet te maak wat lyers van die geestelike versteurdheid bekend as transgender te verplig om die badkamers te gebruik wat aan hul geslag volgens hul geboortesertifikaat toegeken word, te gebruik.

    http://www.nytimes.com/2016/04/02/us/politics/north-carolina-anti-discrimination-law-obama-federal-funds.html?hp&action=click&pgtype=Homepage&clickSource=story-heading&module=first-column-region&region=top-news&WT.nav=top-news

    Die linkses as groep is self inderdaad geestelik versteurd, maar hier het ons ‘n voorbeeld van hoe die linkses diegene at weier om toe te gee aan die eise van ‘n groep malles, te straf. En maak geen fout nie: Sogenaamde transgenders is mal in hulle raserige koppies, en eerder as om aan hul eise toe te gee, moet sulkes eerder in ‘n gestig opgesluit word.

    http://www.wsj.com/articles/paul-mchugh-transgender-surgery-isnt-the-solution-1402615120

  • jan

    Misken toevallig maar waarskynlik instinktief is hierdie patologiese beskrywing van ons Volksiel op die agenda geplaas.vir bitter ernstige ontleding.
    Wreed eerlikheid sal ons bevry van die vloek van VERWERPING.

    Sedert Verwoerd se teregstelling [verwerping van Christenskap] is ons stelselmatig gekondisioneer in verwerping van ons eie [selfmoord] Ons geestelike tuiste is vir ons on-tuiste /tronk gemaak deur politieke wetenskaplikes en psigopate.

    En dit is steeds hoogs betalend Verwerping was en is uiters winsgewend in die pleks van aanneming wat met opset as sielkundige strategie baie duur gemaak is. Ons is uitgekuier met ons eie mense in ons moedertaal.

    Liefde is duur maar haat is vreeslik winsgewend. Die rekord egskeidings en ondenkbare gesinsgeweld getuig van die katestrofale ‘ sukses’ van die politieke wetenskap. Dislojaliteit en ongehoorsaamheid is die mode – polities korrek.

    PU se Fakulteit van Teologie was die grootste ramp vir ons volkie volgens die resultate van hul onderrig. – Vra vir Thysh. Hulle het alles verwerp maar niks aangeneem nie behalwe die dood.

    Wat is daai studente geleer? gekondisioneer ? Ongehoorsaamheid? Verstoting verwerping dislojalieit haat verraad?

    Hitler was die ergste maar Stalin kort op sy hakke – het hiervan skouspelagtig misbruik.

    Dis iets van die Vrymesselaars dat hulle lojaliteit humainitêre liefdadigheidswerk / uitreiking baie aangenaam is. Hulle is my baie goed gesind het altyd vir my mooi gesorg – veral nadat hulle tot bekering gekom het.

    Die moment as jy jou eie mense verstoot dan vleg jy jou eie galgtou.

    Dis nie noodwendig ‘n genetiese ding nie maar daar bestaan so-iets soos familie-vloeke teen die 3de en 4 de geslag……..

    Ek is ongelukkig [vir myself] tot die dood toe getrou al is dit deur pyn bloed en trane sal ek die laaste wees wat my geliefdes / naastes sal versorg. Want so poog ek om my kinders te seen pleks van vervloek.
    Maar ek/ ons beleef gedurig verwerping….van 40 jaar al!!

  • TotusTuus

    1 April is nou verby. Die onsmaaklike “grappie” kan nou gerus maar van die blad verwyder word.

  • fourijm

    Dis ‘n grap.

    • Mattewis Kat

      Ongelukkig nie die deel oor die soortgelyke geslag huwelike nie! Die deel wat die minste snaaks is, is dat sotlike mense steeds met hulle witgeverfde gesiggies weekliks op die banke onder hierdie (NGK) vaandel gaan sit om hul passiewe geloof uit te oefen nadat die gruwel van sodomitiese verhoudings deur die hoofstruktuur aanvaar is. Die nuus in die Woord is vir hulle baie sleg in hierdie verband as hulle nie onder hierdie ellende uit padgee nie.

      • fourijm

        Die deel oor gay huwelike is ou nuus. Ek het met NGK grootgeword, is na my vrou se kerk, toe ons getroud is. Nie sulke dinge daar nie, maar ook sy eie probleme. By ons word gesorg dat die ds. die rykste man in die gemeenskap is met reuse pakket genoeg vir nuwe 4×4 bakkie, gratis huis, gratis alles, terwyl die res v/d gemeente moet sukkel om kop bo water te hou. Dan word daar verwag om jaarliks bydraes met 10% te verhoog. Ek het selfs ‘n brief v/d kerk ontvang om te se ek gee te min – jammer ek kan nie meer gee nie. Iewers is daar groot fout,

        • Riempies

          Dit is omdat die multimiljoenindustrie besig is om in duie te
          stort want die kerke loop leeg omdat 99% teen die Bybel se riglyne gaan.
          Terloops nou het hulle die Bybel gou vertaal om by hulle bose doelstelling te
          bly. Doen bietjie ondersoek waarheen “gemeentes”
          se geld uiteindelik gaan. Jy kan lees – hou huis-Godsdiens.

  • Frikkie Geyser

    Is hierdie nou die waarheid of n joke.
    Kan iemand my asb se?????

    • Johann Schutte

      Dis die waarheid Frikkie. Ek sweer. Op my skoonma se oë.

      • Frikkie Geyser

        Bly eks nie jou skoonma nie. . .

  • leonlemmer

    Ek dink die gekberig oor die teologie-entrepreneur André Bartlett op 1 April is briljant. Ek het gewonder wie die outeur is of is dit ‘n spanpoging? Daar is baie tersaaklike vindingrykheid in die teks.

    Die armsalige Die Burger (2 deser, p 3) het waardering vir Netwerk24 (‘n geval van jakkals prys sy eie stert) en kykNET se pogings gehad, maar doelbewus oor die beter berig op Praag geswyg. Vandag het Die Burger (5 deser, p 7) egter ruimte aan Praag afgestaan onder die opskrif: “NG Kerk sê poliganie-grap skep verwarring.”

    Die Burger se beleid oor Praag en Donald Trump is dieselfde: Swyg hulle dood tensy iets uitgedink kan word wat hulle in ‘n slegte lig stel.

  • 11petrus2

    Dit was nou n lekker 11petrus 2 stuk vir 1April 16 en het die doppers dit nie weer gewoel nie…!

  • Kalium_Chloraat

    “verwerping van heteronormatiwiteit en bevestiging van geslagtelike
    diversiteit nie”. Die studiekommissie het ook by Islam gaan kers opsteek
    wat poligamie betref.” Die NG Kerk is ‘n gebreekte riet, wanneer jy op hom steun steek dit deur jou hand.

  • pinkělinx

    Die kerke is besig om God te laster. Ons laaaaaaand gaaaaaan die wraaaaak van oms God ontvang asgevolg van die. Is die moorde die aanvalle die swaarkry nie genoeg waarskuwing nie moet die doods engel eers oor die land neer sak voor die land se mense terug keer na wat God sê? Wat is dit die? Luister almal wat piet sannie en koos te sê het? Kan die mense jou uit doe dood opwek? Wie van die mense is beter as God? Wie van die mense, die kerke wie kan vir jou gee wat God jou gee? Wie kan jou sondes vergewe? Die is alles die rede hoekom ons mense vermoor word. Die is alles hoekom ons land binnekort bloed gaan sien loop. Die wraak van God is lankal opad. Dit kom. Want jesus kom. Die tekens is duidelik. En dit is geopenbaar voor die einde van 2017 is Jesus hier. En daarna gaan daar oorlog uitbreek. Hou op om deel te wees van hierdie vernedering en lastering. As jy wil weet hoekom jou lewe swaar is kyk na hoe en met wie en wat jy deel en aanvaar. As geen kerk meer God se woord opreg verkondig nie. BEGIN JOU EIE KERK!! doen wat reg is voor God. Dit is jou plig om vir die mense wie verkeerd lewe reg te help en vir hulle bewus te maak van God se wraak. Sodat hulle nie kan omdraai en sê dat hulle noe geweet het nie. Dit is jou plig as christen. Gay is verkeerd.

  • Ignatius van der merwe

    Ek ween oor my volk ! Ons weet daar sal vals profete kom , hoe kan ons so blind wees ? Lees die letter van die skrif – self die eerste van die tien gebooie sal die vals leer uitwys .
    luiste of lees asb die volgende : “WHEN GOD ABANDONS A NATION”

    https://www.gty.org/library/sermons-library/80-314/when-god-abandons-a-nation

    Hoe ver moet ons nog val voor ons draai van die dwaal leer?

  • Theo Engelbrecht

    Die antwoord lê in Jeremia 7. Kyk spesifiek na vers 9 en 10.

  • Hansie Louw

    Die artikel is ‘n versinsel. Dis egter so geskryf dat dit klink of dit die waarheid kan wees en of dit die uitsprake van sekere mense sou kon wees of selfs van die NGK kan wees. Daar behoort ‘n manier regtens te wees om die skrywer van die artikel verantwoordbaar te maak (ek praat nou nie van teer en veer nie, maar wel een of ander manier) sonder om te veel publisiteit hieraan te gee. Sal bietjie hoor wat die Vader te sê het hieroor (dalk is dit net my wraakgedagtes wat die oorhand het, maar ek is keelvol vir mense wat vals berigte die wêreld instuur).

  • pinkělinx

    ag ou boetie as jy nie gay was nie het jy nie gestruggle nie ……en moet asseblief nie my begin sis hier oor die Bybel nie- daar is genoeg bybel Verse wat se dat ek de reg het om te oordeel. solank ek dit belik doen. en ek is verseker nie onregverdig nie. Jy le nie by n man soos n man by n vrou le nie.? Laster maar aan – tyd is naby Jesus se twede koms is om die draai – dit wys in die sterre en dit word geprofeteer in die Bybel by openbaring. Gay wees is net n sociale trend soos die nuutste fidgets op skool.

  • pinkělinx

    ag ou boetie as jy en jou trawantes nie gay was nie het julle nie n stryd gehad nie. n Man Le nie by n Man soos hy by n vrou Le nie.

  • Elmarie

    Die datum is 1 APRIL 2016 – ernstig mense??

  • Hermanus Manie

    ROMEINE 1:25-27,32
    25 Hulle het immers so ver gegaan om die ware kennis van God te verkwansel vir die leuen en God se handewerk te vereer en te dien in plaas van die Skepper self – dié God wat vir ewig geprys behoort te word. Amen!
    26 Dit is daarom dat God hulle oorgegee het aan hulle eie skandelike drifte. Selfs die vroue het die natuurlike seksuele verkeer verruil vir wat teen die natuur is, naamlik dié met ander vroue.
    27 Op dieselfde manier het die mans die natuurlike manier om seksueel te verkeer prysgegee en ’n brandende begeerte na mekaar begin koester. Mans het skandelike dade met mekaar bedryf. Gevolglik moes hulle in hulle eie persoon die duur prys vir hulle perversiteit betaal.
    32 Hulle is bewus van God se bepaling dat mense wat met sulke praktyke besig is, die dood verdien. Tog is hulle nie net self aktief daarmee besig nie; hulle spoor ook nog ander aan wat daarmee besig is.

  • Eric

    Of die artikel nou waar is of nie maak nie saak nie want dit word waar met elke dag wat verby gaan.
    Meeste mense word so maklik verlei deur die media om absoluut godeloos to word. Ons is nou nie te ver van Beasteality, al die res word reeds aanvaar. Kinder molesteering groei vreeslik veral deur gay’s! Kan jul nie sien selfs op TV begin hul kinders uitbeeld as guy nie. Dit maak dit al hoe makliker vir mans om veral seuns te molesteer!

    Hierdie hele storie van anything goes verwoes kinders en niemand in die media gee enigsins om inteendeel dis ‘n doel.

    Daar is nou self pedofiel groepe wat soos LGMBTQ (WTF) erken wil word dat hul net aan kinder dink maar die hul siek desires uitvoer nie! (Regtig)

    Mense dink aan julle kinders en as jul nie het dink aan as jy eendag gaan he!