Staat loods ‘politieke appèl’ teen Walus se vrylating

Deel op

Die staat het gister teen regter Nicolene Janse van Nieuwenhuizen se uitspraak dat Janusz Walus vrygelaat moet word, geappelleer. Volgens die grondwet- en regskenner professor Marinus Wiechers verteenwoordig dit egter ‘n desperate poging van die staat om sy vrylating te keer.

“Terwyl die appèlsaak na die een of die ander kant toe beslis kan word, is ek versigtig oor wat die staat met so ‘n stap kan bereik.

“Die paroolraad het ‘n aanbeveling (dat Walus vrygelaat moet word) gemaak, dit het hof toe gegaan en ‘n besluit is geneem. Ons moet op die hof se besluit vertrou en die staat moet die hof se besluit gehoorsaam.”

Wiechers het verder gesê dat die appèl ‘n “meer politieke aangeleentheid” is, om te toon dat Hani nie heeltemal vergete is en om die ideologie van die SAKP se “stryd” lewendig te hou.

Volgens hom kan die staat slegs op twee gronde appelleer.

“Een is dat die regter die wet gewaninterpreteer het, maar in dié geval sou dit vergesog wees om so iets aan te voer. Die ander argument is dat die regter nie al die feite in ag geneem het nie.

“Ek kan gewoon nie insien hoe die Appèlhof kragtens die reg anders kan bevind en meen dat die regter die feite gewaninterpreteer het nie, veral omdat dit lyk asof sy baie indringend daarna gekyk het.”

Tot tyd en wyl die appèlsaak afgehandel word, mag die staat Walus egter steeds in die gevangenis aanhou.

Sowel die ANC as die Kommunisteparty het die appèl verwelkom.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.