Hillary moet binne dae voor FBI verskyn

Deel op

Die Demokratiese voorloper, Hillary Clinton, het Trump met mening aangeval omdat sy tans onder groot druk verkeer.

Sy moet binne enkele dae voor die FBI verskyn wat sal besluit of sy krimineel aangekla sal word vir vertroulike eposse wat sy rondgestuur het.

Clinton wou kennelik die publiek se aandag aflei van die FBI-ondersoek na haar eposse.

Sy het uitgevaar teen Donald Trump omdat hy “gewelddadige en aggressiewe gedrag aangehits” nadat Trump se veldtogbestuurder ‘n joernalis wou keer wat te naby aan die voorverkiesingskandidaat wou kom.

Clinton het in La Crosse, Wisconsin myle uit die Demokrate se poging probeer haal om Trump se veldtogbestuurder, Corey Lewandowski, swart te smeer.

Trump se veldtogbestuur het intussen die beeldmateriaal vrygestel wat toon dat die verslaggeefster probeer om Trump aan te raak met een of ander instrument, terwyl sy veiligheidspan dit probeer keer.

Boonop is die Florida-aanklaer wat die klagte teen Lewandowski aanhangig gemaak het, deel van Clinton se veldtog.

In ‘n artikel gepubliseer deur die Palm Beach Post op 17 November 2015, wat sedert Dinsdagaand weer sirkuleer, word Palm Beach County se aanklaer, Dave Aronberg as ‘n lid van Florida se Demokratiese leiersraad gelys.

Die raad is gestig is deur die Demokratiese Party om die presidensiële kandidatuur van Hillary Clinton te bevorder.

Die artikel stel dit duidelik dat Aronberg “deel is van die Clinton-span in Florida”.

Hillary Clinton gaan voor Direkteur Comey en die FBI moet verskyn binne ‘n kwessie van dae. Die uitkoms van die onderhoud kon uiteindelik die hele wedloop vir die Withuis bepaal.

Clinton het nie kommentaar gelewer op joernalis se vreemde gedrag nie, maar het verklaar dat die verslaggewer wat die klagte ingedien het, Michelle Fields, “krediet verdien vir die wyse waarop sy opgevolg het nadat sy fisies mishandel is.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.