Twee swartes probeer motor by Glenanda-winkelsentrum kaap

Deel op

Twee swart mans in ‘n silwer Audi het gister gepoog om ‘n motor by die Glenanda-winkelsentrum in die suide van Johannesburg te kaap. Die bestuurder is met vuurwapens oor die kop geslaan, asook van sy horlosie beroof.

Volgens die Glenvista-GPF (gemeenskapspolisieforum) het bouers op die boonste vlak van die sentrum die gebeure raakgesien en begin om die kapers met bakstene te gooi. Hierna het die verdagtes van die toneel af gevlug, sonder om die motor te kaap.

Gebruikers op Facebook het hul teleurstelling uitgespreek dat die kapers nie met die bakstene raakgegooi is nie, maar tog die bouers gelukgewens dat hulle die kaping gefnuik het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.