Die situasie in Katlehong aan die Oosrand is gespanne nadat geweld Dinsdagnag uitgebreek het in die jongste vlaag xenofobiese aanvalle.
Winkels, wat aan buitelandsers behoort, is geplunder en in puin gelê.
Een plunderaar is in die geweld doodgeskiet toe die buitelanders glo hul eiendom wou beskerm.
Die polisie het bevestig dat vier buitelanders – wat tussen 20 en 27 jaar oud is – in verband met die skietery in hegtenis geneem is.
‘n Saak van moord en twee van poging tot moord word ondersoek.
Die oorsaak van die onlangse geweld is in die stadium nog onbekend.
Volgens berigte het dit tydens ‘n gemeenskapsvergadering in die Mandela-plakkerskamp begin.
‘n Katlehong-tiener is verlede Saterdag glo deur ‘n dwaalkoeël getref.
Bongani Msimango is in sy geslagsdele geskiet na die moord op nog ‘n plaaslike swarte wat na bewering deur ‘n Somaliese winkeleienaar doodgeskiet is.
Daar word beweer dat die swarte vroeër ‘n ou hoender gekoop het en dit teruggeneem het na die winkel toe ‘n bakleiery uitgebreek het tussen hom en winkeliers.