‘n Voormalige ANC-raadslid, wat teregstaan op die moord op sy vrou, verskyn na verwagting vandag weer in die Bloemfonteinse landdroshof.
Maphabole Godfrey Maphobole, ‘n voormalige ANC-raadslid van die Tokologo plaaslike munisipaliteit, is vroeër borgtog van R20 000 toegestaan.
Die 33-jarige staar onder meer aanklagte van moord en dwarsboming van die gereg in die gesig.
Maphobole word daarvan aangekla dat hy sy vrou, Thulani, op 27 November verlede jaar in hul huis in Langenhovenpark, Bloemfontein, vermoor het.