Voormalige Britse soldaat vir wapens en ‘Nazi-simbole’ voor

Deel op

‘n Sewentig-jarige man van Kaapstad, wat van die besit van onwettige wapens en “Nazi-simbole” aangekla word, sal in Mei weer in die hof verskyn, het RSG berig.

Keith Conroy het Dinsdag in die Goodwood Landdroshof verskyn.

Die polisie het in Desember sy huis in Bothasig tydens ‘n klopjag deurgesoek nadat ‘n wenk ontvang is. Conroy was toe nie tuis nie.

Hy het later vrywillig by die polisie aangemeld nadat hy gehoor het van die klopjag.

‘n Aantal berigte beweer dat Conroy, wat voorheen ‘n Britse soldaat was, in 1993 betrokke was by die bestorming van die Wêreldhandelsentrum in Kempton Park deur die AWB.

Die staat het om uitstel gevra, aangesien daar steeds op ballistieke verslae oor die wapens gewag word. Conroy is uit op borgtog van R3000.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.