Sleutelfiguur in Kanadese politiek en gesin uitgewis

Deel op

Die Franse deel van Kanada, Quebec is in skok na die skielike dood van voormalige Kanadese kabinetsminister, Jean Lapierre, sy vrou en drie van sy broers en susters.

Die hele familie is in ‘n vliegtuigongeluk uitgewis.

Die gesin was onderweg na die begrafnis van Lapierre se pa in die ooste van Quebec.

Volgens die Kanadese minister van vervoer is al sewe mense aan boord van die vliegtuig dood. Die ander twee was bemanningslede.

Die oorsaak van die ongeluk is in die stadium nog onbekend.

Lapierre het die Franse onafhanklikheidsparty die Bloc Québécois gestig voordat hy uitgetree en as politieke kommentator gewerk het.

Hy was een van die mees ingeligte politici in Kanada en het vermoedelik oor binne-inligting beskik wat hom kwesbaar gelaat het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.