Die N14-roete tussen Delareyville en Vryburg in Noordwes is weer oop vir verkeer nadat dit Dinsdagaand weens oproer moes sluit.
Polisiewoordvoerder, Sabata Mokgwabone, sê die situasie is vanoggend kalm nadat die pad Dinsdag omstreeks 19:00 gesluit is weens stakende werknemers van Botselo Milling.
Die meule in Delareyville behoort glo aan ‘n familie.
Die betogers het die pad met brandende bande versper sodat verkeer van alternatiewe roetes moes gebruik maak.
Hy sê die groep werknemers neem al die afgelope drie weke aan ‘n beskermde staking deel.
Die openbare orde polisie het die situasie gemonitor.
Volgens Mokgwabone is ‘n vragmotor teen middernag aan die brand gesteek deur die betogers. Niemand is beseer nie.
Mokgwabone sê meer inligting sal later oor die voorval bekend gemaak word.