Derde Brusselbomverdagte vasgevat

Deel op

Belgiese staatsaanklaers het ‘n verdagte wat in hegtenis geneem is in verband met die terreuraanvalle in Brussel verlede week, aangekla van terreurmoord, poging tot terreurmoord en deelname aan aktiwiteite van ’n terreurgroep.

Twee ander mense word ook aan­gekla vir dieselfde terreurmisdade, maar daar is glo geen regstreekse verband tussen hulle en die aanvalle in Brussel nie.

Die Belgiese media berig dat Faycal Cheffou die verdagte is, maar die staatsuitsaaier RTDF het berig dat die polisie nog wag op DNS-uitslae om dit te staaf.

Die koerant Le Soir het slegs verwys na Faycal C. wat waarskynlik die derde ­aanvaller is wat verbind word met die bomaanslag op die Zaventemlughawe.

Faycal C. is glo deur ‘n taxibestuurder uitgeken wat die aanvallers by die lughawe afgelaai het.

Faycal C. is een van die verdagtes wat Donderdagaand in hegtenis geneem is ná klopjagte in Brussel se Schaerbeek- en Jette-woonbuurt.

Staatsaanklaers het gesê Faycal C. se huis is deursoek, maar daar is geen wapens of ploftoestelle gevind nie.

Sedert Donderdag is nege mense in België in hegtenis geneem asook twee in Duitsland.

Staatsaanklaers het gesê die hoofverdagtes van die aanvalle in Brussel het die owerhede ontglip deur skuil te hou in ‘n gebou wat gerestoureer word.

Hulle het daar glo die spykerbomme vir die aanslag vervaardig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.