Selfmoordbommer laat vlug land

Deel op

Die Egiptiese lugredery het vanoggend bevestig daar is een selfmoordbomaanvaller aan boord van ‘n vlug van Egyptair wat noodgedwonge moes land.

Vroue en kinders is glo besig om vrygelaat te word waar die vliegtuig in Siprus geland het met die vlugnommer MS181.

Egyptair se binnelandse vlug van Alexandrië na Kaïro is Dinsdagoggend gekaap, sê Egiptiese amptenare.

Die vlieënier van die vliegtuig is deur ‘n passasier met ‘n plofstofgordel afgedreig, het die Egiptiese lugvaartowerheid bevestig.

Die Siprus Uitsaaikorporasie sê 55 passasiers was aan boord en ‘n bemanning van sewe. Die kaping het plaasgevind binne Siprus se vluginligtingsgebied en die vliegtuig is afgelei na Larnaca.

Die vliegtuig is ‘n Airbus 320, het Egipte se lugvaartministerie gesê. Klaarblyklik raak die Airbus nou oorverteenwoordig in sulke lugvaartinsidente.

Israel het vegvliegtuie in sy lugruim laat opstyg as ‘n voorsorgmaatreël in reaksie op die vliegtuigkaping, volgens ‘n Israeliese militêre bron.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.