Nederlandse toleransie

 

“Een koekje van eigen deeg” seg die Kaaskoppe mos wanneer iemand se vuil streek aan ander na hom terugkom, anders bekend as “boontjie kry sy loontjie”.

En dit is wat verlede week hier gebeur het. Ek verwys nou na die gebeure in Oss, ‘n middelgroot stad in die suid-ooste van Nederland met sowat negentig duisend inwoners. Met hul Brabantse dialek, gekenmerk deur die sagte “g” en brei “r”, het hulle die wêreld ore aangesit: “Daar kom geen asielsoekers in ons wyk nie!”

Ja-nee, die Ossenare is onrustig. Vergeet maar van spandoeke, protesborde en petisies. Klippe gooi deur vensters en massademonstrasies voor die deur is “echt ons ding”. Met sy negentig duisend inwoners voel hulle massaal bedreig deur die koms van ‘n hele, asemrowende vier(!) asielsoekers. Hulle is mos almal diewe en verkragters wat die netjiese wyk gaan ontsier, en vroue en kinders sal nie meer veilig oor straat kan loop nie want daar woon nou “gemors” en “ongedierte” tussen ons.

Vir diegene wat dalk kopkrap oor my iewat sardoniese skrywe, wil ek daarop wys dat dit nie ek is wat ewe skielik in ‘n ekstreem linkse getransformeer het nie, maar die Ossenare wat annerkant toe geswaai het.

Oss, Nijmegen en ‘s Hertogenbosch vorm die Rooi Driehoek. Vroeër het dit bekend gestaan as die Katolieke Driehoek, maar sedert die opkoms van sosialisme en die ondergang van die kerk het hierdie Roomse oosterlinge besluit om hul Katolieke geloof te verruil vir Karl Marx se snert. Immers, Marx se moederlief was gebore gewees in Nijmegen, net so teen die wal van die Waalkade, vandaar meen hulle seker dat hulle historiese aanspraak het op sy ideale. Laat staan nog dat marxisme die perfekte nuwe geloof was waarmee die Katolieke hul heksejagte van oudsher kon voortsit teen die “ongediertes”

Ek het daar naby gewoon toe ek in Nederland aangekom het, en die Nijmegenare het ook hierdie neiging om te praat van “’n kameraad van my” in plaas van “’n vriend van my”. Op koue winterdae sien ‘n mens af en toe ‘n Nijmegenaar verbyloop met ‘n warm Russiese sjapka op die kop met die hamer en sekel wat op die voorgewel pronk.

Vandaar dat my nuuskierigheid nogal geprikkel word as ek na hierdie nuutste tirade vanuit Oss kyk. Die ironie steek uit soos ‘n seer duim dat al Holland se groot Kommunistiese voorbokke vanuit daardie wêreld kom. Die leiers van die Socialistische Partij praat almal met daardie verdagte sagte “g” en brei “r” dat ‘n mens byna sou dink dat dit ‘n vereiste is om ‘n partylid te word.

Vir die nuuskieriges wat presies wil sien hoe die Ossenare dink oor hul moontlike nuwe bure, kan ek hulle met hierdie fragment vermaak.

Dit is nou die mense van die universele gelykheid, die mense wat glo dat geen mens onwettig is nie. Ek het tot dusver nog niks gehoor van al daardie groot linkse beterweters soos Klaas de Jonge, Hélène Passtoors, Conny Braam of ander nie. Selfs die Iraans-Nederlandse regsgeleerde professor Afshin Ellian, wat sy doktorsgraad in Boerehaat en Afro-Fascisme (“Die Waarheidskommissie was ‘n juridies-aanvaarbare verhoor gewees”) verwerf het, waarsku nou dat Salafisme “’n giftige sekte is” na aanleiding van die aanslae in Brussel van verlede week.

Dis mos lekker om bomme in iemand anders se agtertuin te gooi, solank jy maar nie aan die ontvangkant daarvan is nie, en dis wat hulle nou ten volle begin ervaar. In die politiek gewaar ek ‘n soortgelyke tendens. Niemand wil dit hardop sê nie, maar hulle het geen idee hoe hulle moet omgaan met hierdie nuwe bedreiging nie. Hulle sal ook nie Verwoerd se toesprake begin lees nie, want hierdie arme drommels is so gebreinspoel met politieke ideale dat hulle kwalik die bome van die bos kan onderskei, vandaar gryp hulle na die enigste wapen wat hulle ken, naamlik protes en massahisterie.

Hoe dit ook sy, sien ons die duidelike tendens van hierdie tyd, naamlik dat begrippe soos universalisme en gelykheid onwerkbare begrippe is. Uiteindelik beteken dit niks anders as opgehemelde kleinburgerlikheid nie, bloot omdat mense nie verby hul eie vooroordele kan kyk nie.

Ek wonder hoeveel Ossenare hierdie ook besef?

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Hans Onrust

    “Modegevoelig” meneer Secrève. Het is allemaal “modegevoelig”.

    Het weekblad Nieuwe Revu blikte in 2005 terug op de jaren waarin Hans Janmaat door het denkende deel van de natie met groot enthousiasme werd verketterd.

    “Wat hij absoluut niet zeggen mocht, zeggen veel anderen nu onder applaus – en vaak zeggen zij het nóg harder. Was de leider van de Centrumpartij een ziener?”

    Naast de nodige kritiek (op Janmaats ‘nare uitstraling’ bijvoorbeeld) tekent Nieuwe Revu opmerkelijk veel milde en zelfs positieve uitspraken over Janmaat op. Jan Marijnissen (SP) noemt de rechterlijke veroordeling van Janmaat ‘politiek getint’. “Het toont aan dat ook de rechtspraak MODEGEVOELIG is.”

    “Modegevoelig” meneer Secrève. Het is allemaal “modegevoelig”.
    (of DIOR ontwerper John Galliano dat ook kon opvoeren op het moment suprême à Paris ?)

    Onder : wijlen Hans Janmaat van de Centrum Partij na een linkse aanslag op zijn leven en dat van zijn vrouw. Tot de dood toe opgejaagd en gewelddadig belaagd in de ‘tolerante’ Nederlandse rechtsstaat.

    Pim Fortuyn vermoord door een gematigde moslim in de Nederlandse ‘multi culti ‘ rechtsstaat.

    • Hans Onrust

      En nog een foto van staatssecretaris Aad Kosto, die na een ‘tolerante’ linkse RARA aanslag op zijn huis zijn kat nog had

      En een foto van de vermoorde filmmaker Theo van Gogh, met mes in de borst van een ‘tolerante’ moslim op een fietspad in ‘multi culti’ Amsterdam

  • Dawie Barnard

    Dit is inderdaad ironies dat die volk wat so bitter graag geld aan die ANC geskenk het, moord op SA burgers gereel het en steeds ten volle ondersteun, nie dieselfde behandeling uit moslemgeledere wardeer nie. Eers Parys, toe Brussels en wie is volgende? Die Nederlandse regering sal nie rus voordat hulle Geert Wilders op een of ander saamgeflandse klag in die tronk het nie. Dit is immers wat hul nuwe moslem meesters van hulle vereis. Nederlanders was in ekstase toe hulle meedoen die SA blanke tot volksmoord verdoem het met hul god die ANC se oorname. Ek vermoed daar sal geen feesvieringe wees wanneer hul eerste moslemregering oorneem nie.

  • Riempies

    Alles beweeg in sirkels – wat jy uitgooi kom weer terug na jou.

    Op hierdie stadium voel mens net ongebreidelde haat en geen simpatie nie.

    Dit sal egter verander want erens sal/moet ons blanke ras
    weer hande vat terwille van oorlewing en voortbestaan.

  • Regverdigheid

    As hulle nie wil voel leer nie dan moet hulle maar lekker voel.ons het nou amper 90 000 afrikaners verloor deur swart barbare op ons blankes. Hulle het nog ver om te gaan voor hulle ons pyn gaan voel.Hulle wou mos die duiwel in hulle huise in nooi,so hulle moet maar nou lekker voel in europa. Ons moet maar kyk wie gaan die eerstr europese land wees wat apartheid wette gaan inbring na meer en meer verkragtings en bomme en massa skiet gevalle. Dis sleg wat gebeur maar ek voel nie jammer nie want ons het deur hulle al riviere vol gehuil.Europa se beurt om te huil.

  • Kalium_Chloraat

    Huigelary. Dis mos maar nog altyd so – Die mense daar ver moet sus en so, maar wanneer dit nader aan eie haard kom is die dinge wat daar ver gedoen moet word nie reg vir hier nie.

  • Arnieann

    Wonder waar kom ek aan hierdie Sadistiese lekkerkry gevoel as ek hierdie stories lees.