Vyf beseer in Upington-ongeluk

Deel op

Vyf mense is beseer in ‘n motorongeluk op die N14 by Upington waarin vier motors betrokke was.

ER24-woordvoerder, Russel Meiring, sê vier mans en ‘n vrou is beseer op die toneel gevind. Hulle het minder ernstige beserings opgedoen.

Nadat paramedici die beseerdes op die toneel behandel het is hulle afgevoer na die Upington-hospitaal vir verdere behandeling.

Die polisie ondersoek die ongeluk.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.