Terroriste teiken Belgiese kernsentrales

Deel op

‘n Belgiese koerant La Dernière Heure beweer dat Dinsdag se terreuraanvalle oorspronklik by ‘n kernaanleg beplan is.

Dit blyk dat 11 werkers by die Tihange-kernkragsentrale, 40 myl suidoos van Brussel, se toegangskaarte gekanselleer is.

Dit het gelei tot spekulasie dat die selfmoordbommers besig was om werknemers binne die sentrale te probeer werf.

Sewe van die toegangspasse is verlede week teruggetrek, en verlede Vrydag is bykomende soldate ontplooi om die aanleg, wat drie reaktors het, te beskerm.

‘n Terreuraanval sou ‘n katastrofe veroorsaak het want dit is geleë in ‘n dig bevolkte gebied binne bereik van Duitsland, Frankryk, Nederland en Luxemburg.

Claude Moniquet, wat bedreigings ondersoek in die kernsektor in Europa, het aan NBC News gesê: “Die terroristesel het naïef geglo hulle kan iemand gebruik om ‘n laboratorium binne te dring om kernmateriaal te bekom om ‘n vuilbom te maak.”

Die DH sê ook die teikens is moontlik verander ná inhegtenisnemings in Brussel verlede week.

Bewyse bestaan dat ISIS ‘n senior Belgiese kernwerknemer reeds geruime tyd dopgehou het.

Die Belgiese sekuriteitsdienste het in 2009 na agtergrondondersoek voltooi vir ‘n nuwe inspekteur by die Doel-kernkragsentrale, sowat ‘n uur se ry van Brussel.

Soos ander inspekteurs, het Ilyass Boughalab toegang tot die aanleg se sensitiewe areas gehad. Hy het vir drie jaar as ‘n kerntegnikus gewerk voordat hy na Sirië vertrek het in 2012 om by die terroriste-groep van die Islamitiese staat aan te sluit.

Hy is twee jaar later dood in gevegte daar om die wettige regering omver te werp.

Polisielede het kort voor die jongste aanvalle in Brussel tydens ‘n klopjag op gewapende mans in ‘n woonstel afgekom wat in verband met die ondersoek na die Parys-aanvalle deursoek is.

Een van die mans, ‘n Algerynse burger, is in ‘n skietery met die polisie dood.

Dit het ook daartoe gelei dat die hoofverdagte in die Parys-aanvalle, Salah Abdesalam, en nog ‘n vermeende militant vasgetrek is.

Die Belgiese polisie het intussen ses mense in hegtenis geneem in verband met die gekoördineerde terreuraanvalle in Brussel waarin 31 mense dood is.

Die inhegtenisnemings volg na polisie-klopjagte in drie woonbuurte in die Belgiese hoofstad.

Sowat 270 mense is beseer in die aanvalle op die Brussel lughawe en treinstasie, waarvoor ISIS verantwoordelikheid aanvaar het.

In Frankryk is ‘n man ook in hegtenis geneem, wie volgens die polisie ‘n komplot beplan het wat reeds in ‘n gevorderde stadium was.

Die Franse minister van binnelandse sake, Bernard Cazeneuve, sê ‘n Franse burger, wat aan ‘n militante netwerk behoort, is in hegtenis geneem vir ‘n beplande aanval in die land.

Hy sê die inhegtenisname het die komplot gefnuik.

Franse polisie sê ‘n klopjag is na die man se inhegtenisneming op ‘n woonstelgebou in die Argenteuil-woonbuurt in Parys uitgevoer, waar plofstof onder meer gevind is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.