Vyftien vir Moslemaanval in Ivoorkus vas

Deel op

Owerhede in die Ivoorkus het 15 mense in hegtenis geneem na aanleiding van ’n aanval vroeër die maand waarin 19 mense dood is en waarvoor Al-Kaïda verantwoordelikheid aanvaar het.

Die polisie is steeds op soek na die vermeende voorbok, wat deur die aanklaer, Richard Adou, as Kounta Dallah geïdentifiseer is, het Reuters berig.

Gewapende mans het op 13 Maart op­ ­swemmers en sonbaaiers gevuur voordat hulle in ­verskeie hotelle op die strandfront in die dorp Grand Bassam, 40 kilometer van die ­kommersiële ­hoofstad, Abidjan, ingestorm het.

“Getuienis is op die toneel gevind wat ons in staat gestel het om sekere individue te identifiseer wat aan die aanval deelgeneem het,” het Adou op ’n mediakonferensie gesê.

Beslag is gelê op wapens, ammunisie, ­klapmusse en voertuie wat vermoedelik in die aanvalle gebruik is. Dit is ondersoek en ’n regter het sowel plaaslike as internasio­nale inhegtenisbevele voorberei, het hy gesê.

Elf inwoners van die Ivoorkus, insluitende drie ­spesiale mag-soldate is in die wilde skietery dood.

Vier Franse burgers is ook noodlottig in die voorval gewond en ander buitelandse ­slagoffers was van Duitsland, Libanon, Masedonië en Nigerië afkomstig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.